Ambagte as beroep verkeer onder druk. Die beroepsgilde tree nie net op as waghond oor die beroep nie, maar beywer hom ook daarvoor om die kwaliteit van ambagslui en die industrie as geheel te bevorder. Opleiding word deur die gilde se netwerk van werk verskaf.
Gildelede is trotse mense wat deel vorm van 'n beroepsgemeenskap waar 'n netwerk van werk gevestig word tot voordeel van individue, asook tot voordeel van die beroep.
meganies
|
elektro-meganies
|
elektries
|
Passer Passer & draaier Draaier Ketelmaker Sweiser Takelaar (Rigger) Dieselwerktuigkundige Petrolwerktuigkundige Gereedskapmaker Paneelklopper |
Meulmaker |
Elektrisiën Instrumentasietegnikus |
meganies
|
Passer Passer & draaier Draaier Ketelmaker Sweiser Takelaar (Rigger) Dieselwerktuigkundige Petrolwerktuigkundige Gereedskapmaker Paneelklopper |
elektro-meganies
|
Meulmaker |
elektries
|
Elektrisiën Instrumentasietegnikus |
Covid-19 het die speelveld in die werkplek vir altyd verander, daarom is dit nou belangriker as ooit om jouself te bemagtig en onmisbaar in jou beroep te maak.
Ons bied jou die geleentheid om jou kwalifikasie vir ’n bedradingslisensie, op jou eie tyd, aanlyn in die gemak van jou eie huis te voltooi. Die kursus word deur ’n geakkrediteerde opleidingsinstelling aan jou gebied en rus jou toe met ’n lisensie om as 'n geregistreerde elektrisiën te praktiseer.
Toelatingsvereistes:
- 'n Volledige N3-sertifikaat met Ingenieurswiskunde
- Ingenieurswetenskap en voorgeskrewe vakke vir elektrisiëns
- Minstens een jaar se praktiese ervaring wat deur jou huidige werkgewer onderskryf word
Kontak ons vandag vir hierdie spesiale aanbod:
ambagontwikkeling
|
|
Deur Marli Naidoo Nie almal geniet dit om in 'n kantoor te werk nie. Sommige mense vind praktiese loopbane veel meer vervullend en is aangelê om tegniese of meganiese probleme op te los. Hierdie mense vaar goed as ambagsmanne (of -vroue, aangesien al hoe meer van die skoner geslag in hierdie veld floreer). In Suid-Afrika is daar 'n tekort aan vaardige ambagslui, wat die regering aanmoedig om hierdie velde in sterk te ondersteun. Daar bestaan meer as 'n 100 ambagte. Die ambagsvaardighede wat egter die hoogste in aanvraag is, gee belangstellendes goeie en 'n verskeidenheid opsies om van te kies:
… Lees meer
Deur Reon Janse van Rensburg In die moderne tye waarin ons leef en werk, gebeur dit selde dat ons ooit net met net een taak op 'n slag besig is. Die hedendaagse werksomgewing het in 'n multidissiplinêre wêreld verander. Die nywerheidsera toe die meeste werk deur mense as deel van 'n vervaardigingslyn gedoen is en waar hul werk slegs uit die uitvoering van een taak bestaan het, is iets van die verlede. Vandag word verskillende take deur meer as een persoon gedoen en daar word van verskillende mense verwag om saam aan take te werk om sodoende die beste resultate
… Lees meer
Deur Reon Janse van Rensburg Tydens die opstel van begrotings in 2019 het jy as bestuurder waarskynlik alle gegewe scenario’s in jou finansiële beplanning in ag geneem. Om jou egter aan die jaar en sy onvoorsiene omstandighede te troos: niemand kon 'n pandemie voorsien wat die wêreld sonder waarskuwing op sy kop sou kom draai het nie. Die finansiële beplanningsproses vir 2021 bied jou die geleentheid om die harde lesse wat die Covid-19-pandemie ons geleer het, te gebruik om 'n strategie daar te stel wat sal verhoed dat jy jou weer in dieselfde onvoorbereide posisie sal bevind. As deel van
… Lees meer
Deur Reon Janse van Rensburg As professionele ambagsman of -vrou wat aan die voorpunt van tegniese beroepe staan, gebeur dit dikwels dat jy en jou kollegas langer werksure en selfs nie-standaardwerksure moet trotseer. Hoewel nagskofte nie deur die meeste werknemers verkies word nie, gebeur dit wel dat daar daagliks of van tyd tot tyd nagskof of alternatiewe skoftye gewerk moet word om ekstra of agterstallige werk in te haal. Nie net is sulke skofte ongesond vir werknemers nie, maar dit hou ook veiligheidsrisiko’s vir die werkplek in. Die gevolge van lang of nie-standaardwerksure is nie beperk tot individuele werknemers nie,
… Lees meer
Deur Marli Naidoo Elke loopbaan het sy voordele en uitdagings. Vir vrouens in die tegniese veld, waar hulle steeds grotendeels in die minderheid is, kan hierdie uitdagings soms oorweldigend wees. Wat doen so 'n vrou om te floreer en in die pos wat sy beklee uit te styg? Sy sien uitdagings as geleenthede, wanopvattings as 'n kans om denkwyses aan te pas. Passie en uithouvermoë is belangrik vir sukses. Wanneer sy alles met hart en siel aanpak, sal sy sukses behaal. Sy maak seker dat sy gesond is, fisies en geestelik. Genoeg rus, gereelde oefening en gesonde eetgewoontes is belangrik.
… Lees meer
Deur Reon Janse van Rensburg Die gesprek oor die impak van die Vierde Industriële Rewolusie (4IR) was tot dusver slegs op spekulasie gebaseer. Vrees en onsekerheid word by lesers en die arbeidsmag ingeboesem terwyl daar min op die positiewe aspekte daarvan gefokus word. Terwyl maatskappye wêreldwyd met die ekonomiese onstuimigheid worstel wat deur inperkings en die Covid-19-pandemie veroorsaak is, kan maatskappye ’n strategie daarstel wat hulle nie tydens die groot resessie van 2008 gehad het nie − die Vierde Industriële Rewolusie (4IR). Solidariteit se Beroepsgilde vir Ingenieurswese het gaan uitvind oor die uitdagings wat ingenieurs in die konstruksiebedryf ervaar en
… Lees meer
Deur Nico Strydom 'n Onderhoud om 'n pos in tegniese beroepe verskil dikwels van enige ander tradisionele werkonderhoud. Onderhoude om poste in die tegniese beroepe sal dikwels ook vrae insluit oor jou reaksies inspesifieke situasies, sowel as probleemoplossingsvrae. Die onderhoud sal ten doel hê om jou tegniese kennis, vaardighede en vermoëns te toets relatief tot die vereistes van die spesifieke werk waarom jy aansoek doen. Daar sal ook probeer word om meer uit te vind oor jou denkprosesse wanneer dit kom by die oplos van probleme. Die onderhoud sal gewoonlik op dieselfde manier as enige ander onderhoud begin: met 'n
… Lees meer
Deur Nico Strydom Tegniese beroepe is dikwels baie gesog en dit beteken jou CV moet uitstaan as jy enigsins 'n kans wil staan om vir 'n pos oorweeg te word. Jou CV gaan slegs vir 'n paar sekondes aandag geniet en dit is om dié rede uiters belangrik dat dit die oog vang en vinnig tot die punt kom. Kenners raai werksoekers aan om hulle CV te begin met 'n kort professionele profiel waarin jy kortliks inligting insluit oor jou huidige postitel, jou werksondervinding, jou hoogste kwalifikasies en die voordele wat jy as 'n werknemer sal kan bied. Jou CV
… Lees meer
Anja van den Berg “Mense sal jou daarvolgens beoordeel. Dit is die harde werklikheid.” – Simon Horobin, Professor in Engelse Taal- en Letterkunde aan die Universiteit van Oxford Bykans 85% van mense regoor die wêreld is aanlyn gekoppel en ontvang e-pos. Ongeveer 62% van hulle kommunikeer via sosiale media. Alhoewel outokorrigering- en spelprogrammatuur ‘n gegewe in ons lewens geword het, het die belangrikheid van spelling nie verminder nie – inteendeel, dit was nog nooit belangriker nie! Spelling en geletterdheid het 'n hoogtepunt in die mens se geskiedenis bereik, maar so ook die vereistes ten opsigte van die gehalte van die
… Lees meer
Deur Nico Strydom Kenners meen die lugvaartbedryf, plaaslik en internasionaal, gaan waarskynlik heeltemal anders lyk na afloop van die Covid-19-pandemie. Die groot vraag is tans hoe die bedryf sy bedrywighede moet hervat sodra hy die groen lig kry om dit te doen en hoe lank dit sal neem vir die bedryf om in die posisie te kom waarin dit voor die pandemie was. Passasiersvlugte is reeds sedert begin Februarie gekanselleer en het kort daarna heeltemal tot stilstand gekom weens die Covid-19-uitbreking. Covid-19 het ook bestaande probleme in die lugvaartindustrie vererger en sekere lugrederye het reeds aangekondig dat
… Lees meer
Solidariteit se mentorskapblad is hier as hulpmiddel vir jou. Mentorskappe is daar om leiding en advies te bied en Solidariteit glo vas in die waarde van leiding wat sy mense vir mekaar kan bied. Hier by Solidariteit poog ons om gedurig voor die golf van ontwikkeling te wees en daarom het ons hierdie blad gestig. Indien jy ’n leerling is en graag deur ’n mentor gelei wil word kan jy hier met verskeie mentors in jou spesifieke beroepsrigting in kontak kom. Jy kan egter ook as mentor optree vir ander in jou beroep. Besoek gerus die mentorskapblad en begin jou reis as mentor of leerling. Klik hier.
