Die Solidariteit Beroepsgilde vir Beheerliggaamonderwysers is daarop toegespits om 'n beroepsgemeenskap te vorm vir beheerliggaam-aangestelde onderwysers waardeur hul beroep beskerm en bevorder word.
Covid-19 en die streng maatreëls wat daarmee verband hou skep groot onsekerheid rakende werksekuriteit vir beheerliggaampersoneel. Solidariteit Beroepgildes is jou vennoot in onseker tye; ons gee erkenning aan jou behoeftes en wil daarin voorsien deur 'n adviserende rol in te neem, hulp te verskaf en eiesoortige opleiding te bied aan beheerliggaam-aangestelde personeel sodat hul posisie versterk en beskerm word.
*Bepalings en voorwaardes geld
Bykomende voordele vir lede van die Gilde vir Onderwysers alleen, is:
Vir meer inligting klik hier ►
Afrikaans ► Wiskunde ► Grondslagfase ►
Besoek die Wolkskool►
Besoek Markplein ►
Vir meer inligting klik hier ►

Bemagtig jouself só om gesond te werk.
Te midde van die onsekerheid wat rondom skole se heropening woed, het Solidariteit 'n gids vir jou saamgestel oor hoe om gesond by die skool te werk.

Solidariteit NetWerk se onderwysoplossing
Solidariteit het onlangs 'n omvattende NetWerk van werk geskep. Omdat onderwys so belangrik vir werk is, is 'n onderwysoplossing 'n belangrike deel van die Solidariteit NetWerk. Solidariteit pak die uitdagings wat onderwys bied, saam met sy vennote in die Afrikaanse Onderwysnetwerk, aan.

#VIRSKOLE
Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het sy veldtog teen skole met effektiewe beheerliggame (en ouers!) voortgesit nadat hy 'n hofloesing in die Overvaal-saak gekry het. Sy voorgestelde wysigings aan die toelatingsregulasies van leerlinge by Gautengse skole is op 30 Julie in die Staatskoerant gepubliseer en is bloot sy manier om die Overvaal-uitspraak te omseil en sy transformasieagenda verder te voer.
Vul gerus die onderstaande vorm in en ons sal jou kontak:
Solidariteit se mentorskapblad is hier as hulpmiddel vir jou. Mentorskappe is daar om leiding en advies te bied en Solidariteit glo vas in die waarde van leiding wat sy mense vir mekaar kan bied. Hier by Solidariteit poog ons om gedurig voor die golf van ontwikkeling te wees en daarom het ons hierdie blad gestig. Indien jy ’n leerling is en graag deur ’n mentor gelei wil word kan jy hier met verskeie mentors in jou spesifieke beroepsrigting in kontak kom. Jy kan egter ook as mentor optree vir ander in jou beroep. Besoek gerus die mentorskapblad en begin jou reis as mentor of leerling. Klik hier.
