Deur Marli Naidoo
Loodgieters word ingeroep om stelsels wat gebruik word vir die geleiding van water, riool en gasse in en uit geboue te installeer, te herstel en te ondersoek. Hulle verbind pype aan verskillende soorte industriële en residensiële toebehore, soos verwarming- en verkoelingseenhede, wasbakke, wasmasjiene, baddens, waterverwarmers en toilette. Loodgieters gebruik gewoonlik handgereedskap maar kan ook kraggereedskap, wat sweistoerusting kan insluit, gebruik. Hulle maak ook gebruik van gevorderde diagnostiese toerusting om die druk in pype te bepaal of om foutiewe toerusting op te spoor.
Loodgieters sal altyd werk hê. Hulle kan in die boubedryf gaan werk, by 'n privaat onderneming as werknemer aangestel word, of hul eie sakeonderneming begin. Daar is ook geleenthede om in instandhoudingspanne van geboue te werk.
Daar is twee maniere om 'n gekwalifiseerde loodgieter te word.
Indien jy fisiese werk geniet, goed is met probleemoplossing, tegnies aangelê is, die belangrikheid van gesondheid en veiligheid verstaan en goed met mense kan werk, is dit moontlik die perfekte loopbaan vir jou. Hierdie veld is geskik vir mans en vroue.
Bronne:
Post Matric: https://www.postmatric.co.za/plumber/
Skills Portal: https://www.skillsportal.co.za/content/how-become-plumber
Green Building Africa: https://www.greenbuildingafrica.co.za/how-to-become-a-plumber-in-south-africa/
Foto krediet: Tekton | Unsplash