CALL US: 012 644 4300

Communication Practitioners Article

Tuesday | 26 May | 2020 Inhoudbemarking tydens die koronavirus pandemie

In reaksie op die koronavirus en die nasionale inperking is bemarkers gedwing om ratte te wissel en aan alternatiewe maniere te dink om teikengehore te bereik. Volgens Suid-Afrika se grootste tegnologienuuswebblad, MyBroadband, was daar uitstekende resultate vir inhoudsbemarkingsveldtogte tydens die inperking. Die verlengde inperking en die daaropvolgende ekonomiese insinking het geweldige druk op maatskappye geplaas om hul bemarkingsbesteding te optimaliseer en te verseker dat hulle die beste moontlike OOB (opbrengs op belegging) kry. Wat is inhoudbemarking? Volgens die webblad NewsCred, 'n webblad vir bemarkers, is inhoudsbemarking 'n soort digitale bemarking waarin handelsmerke 'n deurlopende verhouding met kliënte ontwikkel deur middel
… Read more

Wednesday | 06 May | 2020 Work smarter, not harder

By Nico Strydom   In many respects the days of fixed office hours are something of the past and employers expect employees to be available at all times, even if they are not in their offices.   This requires employees to work smarter, not harder. There are a thousand things to do but only so much time. The most important thing therefore is to polish your time-management skills.   If you do not manage your time effectively, it only means that you will have to work harder. By coordinating tasks and activities you can work smarter and more effectively. It
… Read more

Tuesday | 28 April | 2020 Dink anders oor werk

Deur Cindy Venter Die vierde nywerheidsrewolusie leer ons dat die wêreld van werk, soos ons dit nou ken, besig is om te verander. Om van 7 tot 5 te gaan werk, 'n maandelikse salaris te ontvang en voordele soos 'n mediese fonds en 'n pensioenfondsbydrae te hê, is vir die meeste van ons 'n gemaksone waarvan ons baie moeilik sal afskeid neem. Dit is ongelukkig nie meer volhoubaar nie en ons sal vinnig moet aanpas om ruimte te skep vir nuwe geleenthede. Een van die nuwe geleenthede kan moontlik werk as 'n kontrakteur insluit. Dit bied aan jou die geleentheid
… Read more

Tuesday | 21 April | 2020 Hoe om effektief te luister wanneer jy nie saamstem nie

Deur Bianca Smit   Almal is uniek en elkeen mag 'n ander siening oor dinge hê. Ons diversiteit is wat die lewe interessant maak en is vir ons 'n dryfveer om nuwe idees uit te dink. Soms gebeur dit egter dat ons glad nie met 'n ander persoon se siening saamstem nie en dit kan veroorsaak dat ons nie effektief na hulle luister nie. Dit is gewoonlik wanneer die meeste van ons eerder sal wil afskakel as om insette te lewer oor iets wat nie vir ons sin maak nie. Maar dit is juis dan wat ons diep moet luister
… Read more

Tuesday | 21 April | 2020 Kommunikeer so beter tydens Covid-19

Deur Bianca Smit   Kommunikasie is kardinaal vir die meeste beroepe en vir 'n ekstrovert soos ek, vorm dit deel van my dag-tot-dag-oorlewing. Maar hoe bou ons steeds waardevolle verhoudings en hoe kommunikeer ons doeltreffend tydens inperking? In hierdie tyd is e-posse en video- en telefoonoproepe ons grootste bron van kommunikasie met mekaar. Daar is egter verskeie maniere hoe kenners op die gebied meen ons hierdie kommunikasie met mekaar kan verbeter. Die BBC het onlangs 'n paar nuttige wenke vir beter kommunikasie gedeel: Gebruik jou ore Dit is uiters belangrik om werklik te luister na die persoon wanneer jy met
… Read more

Tuesday | 21 April | 2020 Die verskillende rolle wat ons moet vervul gedurende inperking

Deur Bianca Smit   Dit is 2020 en ons almal het ’n mate van beplanning gehad van hoe hierdie jaar sou verloop. Dit was ’n groot jaar in ons huis, want ons het ’n graad eentjie in ons midde en my man is in sy finale jaar van sy studies. Vir ons het 2020 rooskleurig gelyk en gepak met opwinding, min het ons aan die begin van die jaar gedink dat ons ongeveer drie maande later in die middel van ’n wêreld pandemie sou wees. Ons het beslis ook nie gedink dat daar ’n tyd sou kom wat skole langer
… Read more

Tuesday | 21 April | 2020 Verslaggewing tydens Covid-19 skep krisis vir joernaliste

Deur Bianca Smit Covid-19 is nou hoofnuus; dit is tog nou ons huidige realiteit. Daar is bitter min ander nuus wat geskryf word of geplaas word. Elke mediahuis wil hê dat sy storie gelees moet word en daar is dus sterk mededinging onder joernaliste om oor die jongste nuus te berig. Hierbenewens is dit 'n tyd van groot onsekerheid, en joernaliste se uitdaging is om die wêreld op hoogte te hou van die pandemie terwyl hulle self aan moontlike gesondheidsrisiko’s blootgestel word, en daarby ook nog met fopnuus moet kompeteer. Dit klink glad nie na 'n maklike taak nie, en
… Read more

Thursday | 16 April | 2020 Kommunikasievaardighede in die werkplek

Deur Nico Strydom In die meeste beroepe is goeie kommunikasievaardighede van uiterse belang ten einde effektief met kollegas en/of kliënte te kommunikeer. Effektiewe kommunikasie verwys daarna om effektief te kan praat, lees, skryf en luister en om inligting op 'n eenvoudige en ondubbelsinnige wyse te kan oordra. Dit is ook om seker te maak dat inligting wat ontvang word reg geïnterpreteer en verstaan word. Dit is veral noodsaaklik in sekere beroepe of werkplekke waar daar met tegniese, ingewikkelde of vertroulike inligting gewerk word. Effektiewe kommunikasie het werknemerbetrokkenheid, produktiwiteit, beter moraal en minder konflik tot gevolg. Kommunikeer só effektief: Luister Om
… Read more

Thursday | 16 April | 2020 Wees toegewyd tot verandering

Deur Higgs Venter Aan die begin van die nuwe werkweek waar ons weer na die nuwe “normaal” kon terugkeer is ek vanoggend bewus van die feit dat ek regtig na die eerste dag terug op kantoor uitgesien het. Die uitsien was egter maar van korte duur. Ons gaan nou eers aan die einde van die maand, indien alles goed gaan, weer kantoor toe kan gaan, dus is my huis vir nóg 'n rukkie die skool, kerk en kantoor. Ewe skielik is motivering weer deel van die samestelling. Motivering word deur Pinder beskryf as 'n stel van energieke kragte wie se
… Read more

Tuesday | 24 March | 2020 Hoe om nie jou werkgewer se tyd tydens die 21-dae inperkingstydperk te steel nie

Deur Cindy Venter Ek het begin om op 18 van die huis af te werk. Dit was ’n een-man-besigheid en ek was die enigste werknemer. My dag tot dag take het daaruit bestaan om tegnikuste na kliënte toe te allokeer, kwotasies uit te reik, betalings in te vorder en verslaggewing te lewer. Ek het naderhand so goed daarmee geraak dat ek langs die viswaters kon werk op ’n Vrydagmiddag en nog steeds alles baie effektief gedoen kon kry en boonop het dit gevoel of ek terselfdertyd vakansie gehou het. Intussen het ek by Solidariteit begin werk en volg ek al
… Read more