Die Solidariteit Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns het onlangs hul Kantoorkampioen vir 2019 aangewys. Die kompetisie is vanjaar vir die eerste keer aangebied en sal voortaan ’n jaarlikse instelling wees.
Die Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns is ’n beroepsgemeenskap vir enige iemand in ’n administratiewe rol, ongeag of die persoon ’n persoonlike assistent, ontvangspersoon, datavaslegger of administratiewe beampte is. Dié beroepsgilde fokus daarop om sy lede in hul beroepe te versterk en ook om vir hulle die nodige erkenning te gee wat soveel male agterweë bly.
Lindie Strydom het as gasspreker die ongeveer 80 gaste by dié glansgeleentheid in Pretoria geïnspireer en gemotiveer.
Enige iemand kon ’n kantoorkampioen met ’n volledige motivering vir hierdie toekenning nomineer. Uit die tientalle nominasies wat ontvang is, is daar 12 finaliste aangekondig, asook die uiteindelike wenners.
Die finaliste was:
Sus Gerber (Wenner)
Desireé Boyens (2de plek)
Gwen Slater (3de plek)
Audrey Ludick (4de plek)
Nicoleen Rall
Yolandi Theron
Marietjie Potgieter
Melanie Delport
Anneke Benade
Zelda Shawe
Annemarie Venter
Linda van Schalkwyk
Volgens Brigitte Raath, ambassadeur van die Solidariteit Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns, was die kompetisie ’n reusesukses en die positiewe terugvoer was oorweldigend. “Ons het met hierdie geleentheid ons eerste verjaardag gevier, maar ook ’n hele aantal suksesse wat ons reeds bereik het. Met mense soos dié wat aan ons beroepsgilde behoort, kan ons nie volgende jaar anders as om nog groter en sterker te wees nie.”
Word deel van Solidariteit se Beroepsgildes, ‘n tuiste wat fokus op spesifieke beroepe waar jy in jou besondere beroep kan tuis voel, saam kan werk en saam kan leer: http://gildes.solidariteit.co.za/
#OpReisSaamMetMia was die aand teenwoordig. Kyk gerus na die volledige video:
Foto krediet: