Solidariteit het in Februarie vanjaar ’n lys van bekwame en kundige persone, wat die sukkelende elektrisiteitsreus, Eskom, kan help omkeer, oorhandig. Dié lys is ook aan Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, oorhandig. Ongelukkig is nie een van die 480 kundiges se aanbod aanvaar nie. Dít nadat Gordhan onlangs in die parlement gekla het oor vaardigheidstekorte by die kragreus. Die geselekteerde kundiges op die lys sluit in projekbestuurders, ingenieurs, ambagslui, tegnici, tegnoloë en finansiële bestuurders wat hul dienste beskikbaar gestel het. Eskom ontken egter dat hulle so ’n lys ontvang het. Solidariteit meen dat regstellende aksie nog net so lewendig is soos vroeër, omrede baie van die geselekteerde kundiges op die lys wit is en Eskom hulle bloot nie, as gevolg van hul velkleur, wil aanstel nie.
Klik hier om die Rapport-artikel daaroor te lees.
Foto krediet: