Die Beroepsgilde vir Finansiële Praktisyns bied aan lede 'n netwerk waardeur lede met mekaar kan skakel, beste praktyke kan deel en sake kan doen.
Hulle is mense wat hulself wil ontwikkel en nie bang is om nuwe dinge te leer nie. Gildelede wil nie net hulself met kennis bemagtig nie, maar wil ook verantwoordelikheid neem vir die volgende geslag. Hierdie verantwoordelikheid word oorgedra deur kennis te deel, deur mentorskapprogramme, en die bied van internskappe en werkskepping.
As gildelid is jy deel van Solidariteit en kwalifiseer jy dus vir al die vakbondvoordele wat ons bied.
*Bepalings en voorwaardes geld
BYKOMENDE VOORDELE WAT FINANSIËLE BEROEPE BINNE DIE GILDE GENIET: 'n Netwerk van werk, waar praktisyns raad kan deel en bekom, wat 'n klankbord vir idees bied en waar professionele verhoudings gevestig en uitgebou kan word.
Afslag by S-leer, 'n geregistreerde opleidingsinstelling vir VPO-punte en persoonlike ontwikkelingsprogramme. Verskeie opleidingsprogramme brei vaardighede in verskeie spesialisgebiede in die beroep uit.
Die geleentheid om as mentor op te tree: Klik hier ► vir meer inligting.
Toegang tot studente wat internskapposisies verlang: Klik hier ►.
Netwerkgeleenthede.
'n Gratis platform om kennis te deel in die vorm van:
- Artikels
- Opleiding
- Fokusgroepe
![]() |
S-leer is 'n trots-Afrikaanse opleidingsinstelling waar jy jou punte vir voortgesette opleiding (VPO) kan bekom asook jou professionele en persoonlike kennis deur persoonlike ontwikkelingsprogramme kan verbreed. * Gildelede kwalifiseer vir tot en met 40%-afslag op alle programme wat deur S-leer aangebied word. Vir inligting oor S-leer se programme relevant tot ambagontwikkeling, klik hier ►. |
Deur Nico Strydom Finansiële adviseurs en hul kliënte het dikwels verskillende idees oor wat die kliënt as waardevol beskou in die sakeverhouding. 'n Finansiële adviseur kan 'n kliënt met verskeie aspekte van finansiële beplanning help maar navorsing het gevind dat kliënte veel meer van hul finansiële adviseur verwag. Dit sluit onder meer in kliëntedienservaring, ervaring met soortgelyke kliënte, beleggingsopbrengste, 'n verskeidenheid dienste en fooie en uitgawes. Verskeie studies is al gedoen oor wat kliënte van finansiële adviseurs verwag en waaraan hulle die meeste waarde heg. Daar is ook navorsing gedoen oor wat finansiële adviseurs dink kliënte van hulle verwag en
… Lees meer
Deur Nico Strydom Nuusbriewe is belangrike hulpmiddels vir finansiële adviseurs om verhoudings met hul kliënte te ontwikkel. Dit stel finansiële adviseurs in staat om in kontak met hul kliënte te bly en om vir hulle tydige, relevante en waardevolle inligting te gee. 'n Nuusbrief sal wys dat jy 'n kenner in jou veld is en kliënte wil laat sien dat jy self ook op die hoogte bly van die jongste neigings en patrone in die mark en watter invloed dit op hulle finansies het. Vertroue is van kardinale belang wanneer dit kom by finansiële advies en kommunikasie is een van
… Lees meer
Deur Reon Janse van Rensburg In 'n onlangse jaarvergadering van Tongaat Hulett, het die voorsitter van die maatskappy, Louis von Zeuner, aandeelhouers verseker dat die direksie sal optree waar hulle glo dit nodig is, maar hy het egter nie genoem dat hulle dadelik beplan om aksie teen die eksterne ouditeur, Deloitte, te neem nie. 'n Groot deel van die twee uur lange vergadering was egter daarop gemik om Deloitte se rol in die dreigende ineenstorting van die maatskappy te bespreek. Een van die aandeelhouers in die maatskappy, Chris Logan, wat reeds in 2014 probleme by die suikergroep opgemerk het, het
… Lees meer
Solidariteit het vandag die heraanstelling van Lesetja Kganyago as goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank verwelkom. “Die laaste paar weke is die Reserwebank een van die ANC se ideologiese slagvelde. Hierdie skuif deur president Ramaphosa versterk mnr. Kganyago se hande sodat hy in belang van alle burgers die ‘barbare by die hek’ van die Reserwebank kan afhou,” sê Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut. “Met ons regering wat sy finansies soos ’n peuter in ’n lekkergoedwinkel bestuur, kan Suid-Afrika net baat by die sterk en stabiele hand wat Kganyago oor die land se monetêre beleid hou. ’n Steeds feller aanslag
… Lees meer
Solidariteit se mentorskapblad is hier as hulpmiddel vir jou. Mentorskappe is daar om leiding en advies te bied en Solidariteit glo vas in die waarde van leiding wat sy mense vir mekaar kan bied. Hier by Solidariteit poog ons om gedurig voor die golf van ontwikkeling te wees en daarom het ons hierdie blad gestig. Indien jy ’n leerling is en graag deur ’n mentor gelei wil word kan jy hier met verskeie mentors in jou spesifieke beroepsrigting in kontak kom. Jy kan egter ook as mentor optree vir ander in jou beroep. Besoek gerus die mentorskapblad en begin jou reis as mentor of leerling. Klik hier.
