BEL ONS: 012 644 4300
SOLIDARITEIT GILDE VIR GESONDHEIDSPRAKTISYNS Die Solidariteit Gilde vir Gesondheidspraktisyns is ’n beroepsgemeenskap wat saamstaan en saamwerk. Dit is ’n tuiste wat fokus op gesondheidsberoepe waar jy in jou besondere dissipline tuis kan voel, saam kan werk en saam kan leer. Dit is 'n gemeenskap wat daarop toegespits is om die gesondheidsberoepe te beskerm, jongmense 'n kans op 'n loopbaan binne die gesondheidsberoepe te gee, en die waghond te wees wat brandpunte in die beroep met werkbare oplossings takel.

Gildelede het die geleentheid om kollektief by die behoud, uitbouing en volhoubaarheid van hul betrokke beroep betrokke te raak. Gemeenskaplike waardes gee aan elke gildelid iets om in te glo, asook 'n platform om terug te ploeg en kennis te deel deur netwerkgeleenthede, werkskepping of mentorskapprogramme.

Die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns het spesifiek “die skepping van ’n veilige omgewing waar gesondheidspraktisyns volhoubaar gesondheidsorg in terme van ’n billike befondsingsisteem kan lewer” ten doel.
vakbondvoordele Gildelede is trotse mense vir wie etiek en veiligheid in hulle werk belangrik is. Hulle is mense wat hulself wil ontwikkel en nie bang is om nuwe dinge te leer nie. Die Solidariteit Gilde vir Gesondheidspraktisyns erken dat gesondheidsorgpraktisyns passievol is oor hul beroepe en ook dat dit beroepe is waar diens ’n roeping is ten spyte daarvan dat dit soms ’n ondankbare taak is en waar strukture en sisteme hierdie passie kan blus.

As Gildelid is jy deel van Solidariteit en kwalifiseer jy dus vir alle vakbondvoordele wat ons bied.



*Bepalings en voorwaardes geld

Bykomende voordele wat praktisyns binne die gilde geniet:
Toegang tot die Solidariteit-netwerk van werk vir gesondheidsorgpraktisyns.
Toegang tot Solidariteit Finansiële Dienste, ons vennoot vir alle finansiële navrae en dienste.
Bedryfspesifieke nuus.
Die geleentheid om as mentor op te tree: Klik hier vir meer inligting.
Afslag by S-Leer, 'n geregistreerde opleidingsinstelling vir VPO-punte, en persoonlike ontwikkelingsprogramme.
Veldtogte

Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)

Ons wil jou ingelig hou oor die verloop en implimentering van die NGV, ons wil jou hande versterk en jou stem wees. Word vandag nog deel van Solidariteit se Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns.

Lees Meer >

Krisiberaad

Krisiberaad

Gesondheidsorg raak elkeen van ons en ons kan nie nou bloot terugstaan en wag om te sien wat die uitkoms van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NVG) gaan wees nie. Dié wetsontwerp is onlangs gepubliseer en soos wat dit tans lees, kan dit verreikende gevolge vir elke mens in die land inhou.

Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns hou ’n krisisberaad om die implikasies van die voorgestelde NGV-wetsontwerp te bespreek. Die beraad sal die impak van die wetsontwerp op spesialiste, algemene praktisyns en die ekonomie onder die loep neem en die implikasies wat daaraan verbonde is, gaan ook bespreek word. Die doel van die beraad is om ’n gekombineerde insetdokument saam te stel wat in September as amptelike kommentaar op die wetsontwerp ingedien sal word.

Lees Meer >

ARTIKELS
Aptekersraad probeer lede boelie om die NGV te steun

Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidpraktisyns het vandag die Suid-Afrikaanse Aptekersraad se skynbare verskuilde dreigement in verband met die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ten sterkste veroordeel.   Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), verduidelik dat die raad ten beste onverantwoordelik en nalatig en op sy ergste in duidelike kwader trou opgetree het. “Die boodskap wat die raad – wat volgens sy mandaat dissiplinêre stappe kan instel of lede selfs kan deregistreer – aan aptekers gestuur het, dra duidelik die kenmerke van 'n vriendelike verpligting. Daar word op elke betrokke apteker 'n beroep gedoen om 'n verklaring te voltooi
… Lees meer

Solidariteit loods geskiedkundige veldtog teen NGV

Solidariteit het vandag bekendgemaak dat hy die grootste veldtog in sy geskiedenis van stapel stuur om die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te stuit.   Volgens Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), verg hierdie bedreiging die samewerking van alle Suid-Afrikaners. “Die NGV is nie 'n slegte plan omdat dit sekeres ten koste van ander gaan bevoordeel nie. Inteendeel, Suid-Afrika in sy geheel gaan vanuit 'n ekonomiese en veral vanuit 'n gesondheidsperspektief slegter daaraan toe wees sou die NGV in sy huidige formaat deurgevoer word. Gesondheidspraktisyns sal ook van feitlik enige reg op vryheid om hul beroep te
… Lees meer

Rampspoedige gesondheidsorg werp lig op NGV

Solidariteit se Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns het vandag sy ernstige besorgdheid uitgespreek oor die kommerwekkende feit dat nie een van die staatsgesondheidsfasiliteite in Gauteng aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (OHSA) voldoen nie.   “Die flagrante miskenning van beroepsveiligheid by Gauteng se staatshospitale en -klinieke is verdere bewys dat die regering nie toegerus is om 'n nasionale gesondheidsorgplan uit te voer nie. Hulle is nie eens daartoe in staat om die veiligheid van personeel en pasiënte in een provinsie te verseker nie,” sê Hennie Bierman, hoof van Solidariteit se Beroepsgildes.   Bierman is veral besorg oor die lede van die
… Lees meer

Wat beteken die POPI-wet vir gesondheidspraktyke?

Aangesien die toepassing van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) al hoe nader kom, is dit nou belangriker as ooit om te verseker dat jou mediese praktyk aan die vereistes van die POPI-wet voldoen. Alhoewel die regering nog nie 'n presiese datum van afdwinging aangekondig het nie, kan jy hierdie tussentyd tot jou voordeel gebruik om ten volle op die hoogte te kom van wat die POPI-wet vir jou mediese praktyk beteken en hoe om te werk te gaan om die mediese data van pasiënte volgens die vereistes van die POPI-wet veilig te bewaar. Wonder jy hoe
… Lees meer

Verstaan die POPI-wet in jou praktyk

Deur Reon Janse van Rensburg   Die sorglose hantering van pasiëntinligting by ’n mediese praktyk is nie net oneties nie, maar kan ook tot sanksies by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika lei en die oortreding van ’n privaatheidsgeding kan in uiterste gevalle tot boetes of selfs tronkstraf lei. Gesondheidspraktisyns en hulle administratiewe personeel verkry daagliks persoonlike inligting van pasiënte op verskeie maniere byvoorbeeld wanneer daar ’n rekening of lêer oopgemaak word of wanneer pasiënte vertroulike mediese geskiedenis aan ’n geneesheer bekendmaak. Volgens dié Wet word hierdie inligting as die persoonlike eiendom van ’n pasiënt beskou met die bedoeling slegs
… Lees meer

Dagga en Suid-Afrikaanse gesondheidsorg

Deur Reon Janse van Rensburg In 2018 het die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof 'n uitspraak gemaak wat bepaal dat die gebruik van dagga vir beide persoonlike en mediese gebruik wettig is. Dit is egter steeds onwettig om dit buite jou privaat woning te gebruik asook om dit te koop en te verkoop met een uitsondering wat later genoem word. Voor die verbod in 2018 opgehef is, het advokate die regering onder druk geplaas om die wette te wysig om vrystelling vir mediese gebruik, godsdienstige praktyke, en ander doeleindes toe te laat. Die verbod het toe reeds vanaf 1922 bestaan. Die woord
… Lees meer

Wanneer uitbranding jou beetkry!

Deur Bianca Smit “Burnout is a sign that something needs to change.” – Sarah Forgrave Die bogenoemde stelling laat dit so maklik klink. As dinge nie werk nie, verander dit. Dit is egter nie so maklik soos wat dit klink nie. Gesondheidspraktisyns, verpleegsters en maatskaplike werkers maak elke dag bewustelik die keuse om hulle eie welstand prys te gee sodat hulle na iemand anders s’n kan omsien. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs in ’n verklaring aangekondig dat uitbranding nou as ’n mediese toestand beskou word. Dit volg kort nadat SASA (South African Society of Anaesthesiologists) in April hierdie jaar
… Lees meer

NGV-droom sal ramp wees

Solidariteit het vandag sy kommer uitgespreek oor die haglike toestand van gesondheidsorg in die staatsektor en aangevoer dat die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), soos bevestig deur die nuut aangestelde minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, vir Suid-Afrikaners net rampspoed op 'n groter en meer verreikende skaal sal beteken.   Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), verduidelik: “Ons het laasjaar gehoor van die Life Esidimeni-skandaal, die krisis by die Charlotte Maxeke-hospitaal, van verslae van die Office of Health Standards Compliance (OHSC) wat daarop dui dat slegs 1% van staatshospitale aan basiese vereistes voldoen, en van
… Lees meer

Solidariteit verwelkom nasionale tesourie as bondgenoot in die stryd teen die radikale implementering van die NGV

16 November 2018 Solidariteit verwelkom die hewige en omvattende kritiek wat die waarnemende direkteur-generaal van die tesourie, Ismail Momoniat, oor die omstrede wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering uitgespreek het. Die kritiek het aan die lig gekom nadat 'n skrywe aan die departement van gesondheid uitgelek het. Morné Malan, 'n senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), verduidelik: “Die weergawe van die wetsontwerp wat in Junie vanjaar vir kommentaar vrygestel is, is reeds uit talle oorde gekritiseer. Dit is bemoedigend dat die tesourie nou ook in die kryt klim om die koue water van die realiteit op hierdie ideologiese vlamme te
… Lees meer

Die Siek ANC

Die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Mediese Skemas en die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering wat deur die ANC ter tafel gelê is, bring vier kwessies na vore wat ’n baie belangrike rol in die gesondheid van die Suid-Afrikaanse bevolking gaan speel:   Die Minister van Gesondheid gaan die regulering van en beheer oor alle aspekte van gesondheidsorg in Suid-Afrika oorneem.   Die beheer oor die ganse gesondheidsorgstelsel gaan deur die Staat genasionaliseer word.   Die besluitneming oor gesondheidsorg gaan nie meer by die praktisyn en die pasiënt berus nie.   Die effektiewe indiensneming van gesondheidsorgberoepslui deur die Staat gaan teweeg gebring word
… Lees meer

Huisdokters en universele gesondheidsdekking

Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Wêreldbank het ’n raamwerk vir universelege­sond­heids­dekking ontwikkel wat op die volgende twee hoofkomponente focus: Dekking van die bevolking met kwaliteit noodsaaklike gesondheidsorgdienste. Dekking van die bevolking met finansiële beskerming. Hulle het ook sekere stelle indikators bykomend tot bogenoemde twee hoofkomponente ontwikkel: Noodsaaklike dienste: Die stel indikators vir diensdekking word in vier groepe ingedeel: Reproduktiewe, kraam-, pasgeborene- en kindergesondheid Aansteeklike siektes Nieoordraagbare siektes Dienskapasiteit, toegang en gesondheidsekerheid Finansiële beskerming: Twee indikators word ten opsigte van finansiële beskerming genoem: Disproporsionele besteding aan gesondheid (groter fokus op sekere siektes) Huishoudings se gesondheidsuitgawes (mediese koste wat uit die sak betaal
… Lees meer

UNIVERSELE GESONDHEIDSDEKKING

Universele gesondheidsdekking sluit in: Beskerming teen finansiële risiko’s, toegang tot kwaliteit noodsaaklike gesondheidsorgdienste, veilige, effektiewe, kwaliteit en bekostigbare medisyne en entstowwe vir almal.   NASIONALE GESONDHEIDSVERSEKERING Wat is nasionale gesondheidsversekering? Nasionale gesondheidsversekering (ook soms statutêre gesondheidsversekering genoem) is gesondheidsversekering wat 'n nasionale bevolking vir die koste van gesondheidsorg verseker en word gewoonlik as 'n program vir gesondheidsdienshervorming ingestel. Dit word deur wetgewing afgedwing. Dit kan deur die openbare sektor of die privaat sektor geadministreer word, of deur 'n kombinasie van die twee. Befondsingsmodelle verskil volgens die program en die land. Wat nasionale gesondheidsversekering nie is nie: Nasionale of statutêre gesondheidsversekering
… Lees meer

Ons verstommende prestasies en wonderlike toekoms: 'n verhaal van die ekonomie

Dawie Roodt het gister se krisisberaad oor nasionale gesondheidsorgversekering (NVG), wat deur Solidariteit se Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns aangebied is, toegespreek. Hy het die verhaal van die ekonomie en watter rol dit in Suid-Afrika se gesondheidstelsel speel, toegelig. Aan die begin van die mensdom het die konsep van privaat eiendom nie bestaan nie en was lewensverwagting nie baie hoog nie. Dit het met verloop van tyd egter verander namate ons diere en plante begin tem het. Toe dit eers behaal was, kon ons op ander dinge as blote oorlewing begin konsentreer soos onder meer die uitvinding van die wiel, die daarstelling
… Lees meer

IN DIE NUUS
  • Medical schemes not up to members’...
    by Staff Reporter on Oktober 18, 2019 at 12:00 nm

    Medical schemes are facing tremendous pressure in a low growth market where customer expectations and utilisation are very high and increasing, while loyalty is on the decline as a result of lower price tolerance. As the economy bites and more consumers opt to downgrade their cover to lower benefit […]

  • Harnessing Africa’s potential to develop...
    by Staff Reporter on Oktober 18, 2019 at 9:21 vm

    The director and founder of the University of Cape Town’s world renowned Drug Discovery and Development Centre, H3D, Prof Kelly Chibale, is on a drive to highlight the need to create developing research platforms that allow medicines to be customised to the needs of African patients, and an […]

  • Acino signs R3bn acquisition deal with Takeda
    by Staff Reporter on Oktober 18, 2019 at 8:38 vm

    Swiss-based pharmaceutical company Acino and Takeda Pharmaceuticals have signed an agreement for Acino to acquire parts of Takeda’s primary care portfolio in Africa, the Middle East and in Ukraine. The acquisition valued at $200 million or almost R3bn will further strengthen Acino’s […]

  • New nursing training qualifications to kick in...
    by Staff Reporter on Oktober 18, 2019 at 7:04 vm

    In a bid to avert the looming crisis in the training of new nurses from next year, the Ministers of Health and Higher Education, Drs Zweli Mkhize and Blade Nzimande have published a Government Gazette that permits public nursing colleges to offer new qualifications registered on the Higher […]

  • First evidence that fat accumulates in the lungs...
    by Staff Reporter on Oktober 18, 2019 at 5:59 vm

    Researchers have shown for the first time that fatty tissue accumulates in the airway walls, particularly in people who are overweight or obese. Scientists already know that people who are overweight or obese are more likely to suffer with wheezing and asthma, but the reasons for this have not been […]

Kontak Ons | Gesondheidpraktisyns
SKAKEL ONS: | CALL US:
Dienssentrum:
0861 25 24 23
BEROEPGILDES-NUUS
27 September 2019
Aangesien die toepassing van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) al hoe nader kom, is dit nou belangriker as ooit om te...

Lees meer >

27 September 2019
Deur Reon Janse van Rensburg   Die sorglose hantering van pasiëntinligting by ’n mediese praktyk is nie net oneties nie, maar kan ook tot sanksies...

Lees meer >

10 September 2019
Deur Reon Janse van Rensburg In 2018 het die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof 'n uitspraak gemaak wat bepaal dat die gebruik van dagga vir beide persoonlike...

Lees meer >

16 Julie 2019
Deur Bianca Smit “Burnout is a sign that something needs to change.” – Sarah Forgrave Die bogenoemde stelling laat dit so maklik klink. As dinge...

Lees meer >