Hierdie gilde bied aan jou ’n netwerk waarin jy vry, veilig en voorspoedig kan wees om jou beroep suksesvol te beoefen. Dié beroepsgilde fokus daarop om as waghond vir hierdie beroep op te tree deur na die brandpunte wat die beroep soms in die gesig staar, te kyk.
Die Solidariteit Beroepsgilde vir Ingenieurswese bied aan lede 'n netwerk waardeur lede met mekaar kan skakel, deel kan vorm van mentorskappe en sodoende jongmense die geleentheid kan gee op ’n toekoms.
Raak só deel van jou Beroepsgilde:
Sluit aan by Solidariteit Beroepsgilde vir Ingenieurswese.
Moedig kollegas aan om deel te word van die gilde sodat ons sterker staan binne die beroep.
Stel jouself of jou maatskappy beskikbaar om interns in te neem sodat hulle die nodige leiding kan kry en kennis kan opdoen om die beroep as 'n werknemer van gehalte te kan betree.
Stel jouself beskikbaar as mentor.
Neem aktief deel aan netwerkgeleenthede.
Gildelede sê die toekoms begin nou. Ons bevorder gehalte en skep hoop.
Indien jy meer betrokke wil raak, kontak ons gerus by gildes@solidariteit.co.za
Hulle is mense wat hulself wil ontwikkel en nie bang is om nuwe dinge te leer nie. Gilde-lede wil nie net hulself met kennis bemagtig nie, maar wil ook verantwoordelikheid neem vir die volgende geslag. Hierdie verantwoordelikheid word oorgedra deur die deel van kennis, mentorskapprogramme en die aanbied van internskappe en werkskepping
As Gildelid is jy deel van Solidariteit, en kwalifiseer jy dus vir alle vakbondvoordele wat ons bied.
*Bepalings en voorwaardes geld ►
Bykomende voordele wat Ingenieurs binne die gilde geniet: 'n Netwerk van werk, waar professionele verhoudings gevestig en uitgebou kan word. ’n Beroepsgemeenskap waar daar na jou spesifieke belange binne die beroep gekyk word.
Afslag by S-leer, 'n geregistreerde opleidingsinstelling vir VPO-punte en persoonlike ontwikkelingsprogramme. Verskeie opleidingsprogramme brei jou vaardighede in verskeie spesialisgebiede in die beroep uit.
Die geleentheid om as mentor op te tree: Kontak ons. Kilk hier ►
Toegang tot studente wat internskapposisies verlang: Klik hier ►
Netwerkgeleenthede
'n Gratis platform om kennis te deel in die vorm van:
- Artikels
- Opleiding
- Fokusgroepe
* Gilde-lede kwalifiseer vir 'n 40%-afslag op alle programme wat deur S-leer aangebied word.
Vir meer inligting oor S-leer se programme, klik hier ►
MENTORSKAP
Solidariteit se mentorskapblad is hier as hulpmiddel vir jou. Mentorskappe is daar om leiding en advies te bied en Solidariteit glo vas in die waarde van leiding wat sy mense vir mekaar kan bied. Hier by Solidariteit poog ons om gedurig voor die golf van ontwikkeling te wees en daarom het ons hierdie blad gestig. Indien jy ’n leerling is en graag deur ’n mentor gelei wil word kan jy hier met verskeie mentors in jou spesifieke beroepsrigting in kontak kom. Jy kan egter ook as mentor optree vir ander in jou beroep. Besoek gerus die mentorskapblad en begin jou reis as mentor of leerling. Klik hier.
