Kantoorpraktisyns voel soms nie na waarde geag nie, maar lewer 'n kritieke rol in die dag-tot-dag-bestuur van enige organisasie. Dit is nou die tyd vir kantoorpraktisyns om persoonlik verantwoordelikheid te neem en deel te word van 'n beroepsgemeenskap waar jy verstaan word, kennis kan deel, jou vaardighede en kennis kan uitbrei, en jouself tot volle potensiaal as spesialis binne die beroep kan vestig.
Omdat ons verstaan dat kantoorpraktisyns unieke uitdagings ervaar, onder druk werk, en oor 'n wye verskeidenheid van inligting, kennis en vaardighede moet beskik, bied hierdie Solidariteit Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns vir jou 'n netwerk van werk, en ons doen dit lekker in Afrikaans!
Kantoorpraktisyns! Ons sien jou raak
Persone werksaam in die volgende spesialisgebiede:
- Enige administratiewe rol, ongeag jou posvlak
- Sekretaresses
- Kantoorpersoneel en -bestuur
- Ontvangsdames en skakelbordoperateurs
- Persoonlike assistente
- Klerke
- Tiksters
- Transkribeerder
Wie kan by die Gilde aansluit?

Enige persone wat hul administratiewe kennis en vaardighede wil opskerp of verbeter.
Hulle is mense wat hulself wil ontwikkel en nie bang is om nuwe dinge te leer nie. Gildelede wil nie net hulself met kennis bemagtig nie, maar wil ook verantwoordelikheid neem vir die volgende geslag. Hierdie verantwoordelikheid word oorgedra deur kennis te deel, deur mentorskapprogramme, en die bied van internskappe en werkskepping.
As gildelid is jy deel van Solidariteit, en kwalifiseer jy dus vir alle vakbondvoordele wat ons bied.
*Bepalings en voorwaardes geld
Bykomende voordele wat kantoorpraktisyns binne die gilde geniet:
Afslag by S-Leer, 'n geregistreerde opleidingsinstelling vir VPO-punte en persoonlike ontwikkelingsprogramme. Verskeie opleidingsprogramme brei vaardighede uit in 'n verskeidenheid van spesialisgebiede in die beroepsveld.
Nuttige skakels
Gildelede kwalifiseer vir afslag op alle programme wat deur S-Leer aangebied word.
Akademia Gildelede ontvang voorkeurkeuring by Akademia.

Deur Sus Gerber In Junie 1993 het ek ’n tydelike aanbod vir ’n pos by Eskom in Vereeniging gekry. Ek het geweet dit is waar ek wil werk en het nie gras onder my voete laat groei nie. Op 23 September 1993 is ek permanent aangestel en só het my loopbaanreis afgeskop. ’n Week later is ek oorgeplaas na Meyerton as ’n kassier – harde werk, maar ’n heerlike uitdaging. In 1999 na die kassiere poste weggeval het, is ek verplaas Vanderbijlpark toe as ’n dienste verteenwoordiger. Dit was interessante werk, want ek het kliënte gehelp, skole besoek en veiligheidspraatjies
… Lees meer
Solidariteit se mentorskapblad is hier as hulpmiddel vir jou. Mentorskappe is daar om leiding en advies te bied en Solidariteit glo vas in die waarde van leiding wat sy mense vir mekaar kan bied. Hier by Solidariteit poog ons om gedurig voor die golf van ontwikkeling te wees en daarom het ons hierdie blad gestig. Indien jy ’n leerling is en graag deur ’n mentor gelei wil word kan jy hier met verskeie mentors in jou spesifieke beroepsrigting in kontak kom. Jy kan egter ook as mentor optree vir ander in jou beroep. Besoek gerus die mentorskapblad en begin jou reis as mentor of leerling. Klik hier.

BEROEPGILDES-NUUS
Lees meer >
Lees meer >