BEL ONS: 012 644 4300

Ambagte

Vrydag | 05 Junie | 2020 Spelling is belangrik, ongeag jou bedryf

Anja van den Berg “Mense sal jou daarvolgens beoordeel. Dit is die harde werklikheid.” – Simon Horobin, Professor in Engelse Taal- en Letterkunde aan die Universiteit van Oxford Bykans 85% van mense regoor die wêreld is aanlyn gekoppel en ontvang e-pos. Ongeveer 62% van hulle kommunikeer via sosiale media. Alhoewel outokorrigering- en spelprogrammatuur ‘n gegewe in ons lewens geword het, het die belangrikheid van spelling nie verminder nie – inteendeel, dit was nog nooit belangriker nie! Spelling en geletterdheid het 'n hoogtepunt in die mens se geskiedenis bereik, maar so ook die vereistes ten opsigte van die gehalte van die
… Lees meer

Vrydag | 29 Mei | 2020 Wat hou die toekoms vir lugvaart in?

Deur Nico Strydom   Kenners meen die lugvaartbedryf, plaaslik en internasionaal, gaan waarskynlik heeltemal anders lyk na afloop van die Covid-19-pandemie.   Die groot vraag is tans hoe die bedryf sy bedrywighede moet hervat sodra hy die groen lig kry om dit te doen en hoe lank dit sal neem vir die bedryf om in die posisie te kom waarin dit voor die pandemie was.   Passasiersvlugte is reeds sedert begin Februarie gekanselleer en het kort daarna heeltemal tot stilstand gekom weens die Covid-19-uitbreking. Covid-19 het ook bestaande probleme in die lugvaartindustrie vererger en sekere lugrederye het reeds aangekondig dat
… Lees meer

Donderdag | 21 Mei | 2020 Probleemoplossing baie handig vir ambagslui

Deur Nico Strydom Daar gaan nie altyd 'n handleiding met oplossings beskikbaar wees vir al die probleme wat ambagslui in hul loopbaan gaan teëkom nie. Probleemoplossing is dus 'n vaardigheid wat ambagslui handig te pas sal kom. Dit help ambagslui om te leer uit ervarings in die verlede en om met alternatiewe oplossings vorendag te kom. Probleemoplossing behels onder meer die identifisering van 'n probleem, navorsing, identifisering van moontlike oplossings, besluitneming, implementering en die evaluering van die uitkomste. Philip Minnaar, hoof van die tegniese kollege Sol-Tech, meen ambagslui moet oor die besondere vermoëns beskik om eerstens, ter wille van instandhouding,
… Lees meer

Maandag | 04 Mei | 2020 Ingenieurs tree op voorgrond midde Covid-19-pandemie

Ingenieurs het opnuut op die voorgrond getree te midde van die Covid-19-pandemie. Die pandemie het onder meer 'n gebrek aan gesondheidsorgtoerusting tot gevolg, wat beteken dat ingenieurs ingespan word om onder meer te help met die vervaardiging van noodsaaklike toerusting. Die pandemie bied egter ook vir ingenieurs die geleentheid om met nuwe produkte en unieke oplossings vorendag te kom. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, wat tot einde Junie ontplooi word, het ook reeds versoek dat lede van sy reserwemag wat nog nie opgeroep is nie en wat oor spesialisvaardighede beskik, soos gekwalifiseerde ingenieurs, hulself sal beskikbaar maak. Ingenieurs word intussen op
… Lees meer

Maandag | 04 Mei | 2020 Die toekoms van ambagslui

Daar is steeds wêreldwyd 'n tekort aan goed gekwalifiseerde ambagslui, wat beteken dat mense met hierdie vaardighede regoor die wêreld in groot aanvraag is. Volgens Xpatweb se jongste verslag oor kritiek noodsaaklike vaardighede is daar ook in Suid-Afrika steeds 'n tekort aan goed gekwalifiseerde ambagslui. Xpatweb het 110 maatskappye, waaronder JSE-genoteerde maatskappye en multinasionale ondernemings in Afrika, ondervra vir die verslag. “Die opvallendste sprong in die syfers is die aantal Suid-Afrikaanse maatskappye wat sukkel om ambagslui te werf. Die syfer het met 45% gestyg teenoor die vorige jaar,” het Marisa Jacobs, immigrasiespesialis en direkteur by Xpatweb, gesê. Ambagslui in Suid-Afrika
… Lees meer

Donderdag | 30 April | 2020 Verwikkelinge binne die motor industrie

Deur Cindy Venter Tim Abott, besturende direkteur van BMW SA verwelkom die besluit dat vervaardiging in die motor industrie hervat mag word. Dit bring groot verligting in die industrie ten opsigte van uitvoere omdat 64% van die motors wat in SA vervaardig word, uitgevoer word. Alhoewel vervaardiging in die motor industrie hervat mag word, mag motorhandelaars steeds nie hulle deure vir verkope oopmaak nie. Hulle mag wel dringende herstelwerk uitvoer. Die bekommernis is dat handelaars wat staatmaak op plaaslike verkope dan motors gaan vervaardig, maar dit nie gaan kan verkoop nie. Mark Dommisse, hoof van die Nasionale Vereniging van Motorhandelaars
… Lees meer

Dinsdag | 28 April | 2020 Dink anders oor werk

Deur Cindy Venter Die vierde nywerheidsrewolusie leer ons dat die wêreld van werk, soos ons dit nou ken, besig is om te verander. Om van 7 tot 5 te gaan werk, 'n maandelikse salaris te ontvang en voordele soos 'n mediese fonds en 'n pensioenfondsbydrae te hê, is vir die meeste van ons 'n gemaksone waarvan ons baie moeilik sal afskeid neem. Dit is ongelukkig nie meer volhoubaar nie en ons sal vinnig moet aanpas om ruimte te skep vir nuwe geleenthede. Een van die nuwe geleenthede kan moontlik werk as 'n kontrakteur insluit. Dit bied aan jou die geleentheid
… Lees meer

Donderdag | 16 April | 2020 Kommunikasievaardighede in die werkplek

Deur Nico Strydom In die meeste beroepe is goeie kommunikasievaardighede van uiterse belang ten einde effektief met kollegas en/of kliënte te kommunikeer. Effektiewe kommunikasie verwys daarna om effektief te kan praat, lees, skryf en luister en om inligting op 'n eenvoudige en ondubbelsinnige wyse te kan oordra. Dit is ook om seker te maak dat inligting wat ontvang word reg geïnterpreteer en verstaan word. Dit is veral noodsaaklik in sekere beroepe of werkplekke waar daar met tegniese, ingewikkelde of vertroulike inligting gewerk word. Effektiewe kommunikasie het werknemerbetrokkenheid, produktiwiteit, beter moraal en minder konflik tot gevolg. Kommunikeer só effektief: Luister Om
… Lees meer

Donderdag | 16 April | 2020 Wees toegewyd tot verandering

Deur Higgs Venter Aan die begin van die nuwe werkweek waar ons weer na die nuwe “normaal” kon terugkeer is ek vanoggend bewus van die feit dat ek regtig na die eerste dag terug op kantoor uitgesien het. Die uitsien was egter maar van korte duur. Ons gaan nou eers aan die einde van die maand, indien alles goed gaan, weer kantoor toe kan gaan, dus is my huis vir nóg 'n rukkie die skool, kerk en kantoor. Ewe skielik is motivering weer deel van die samestelling. Motivering word deur Pinder beskryf as 'n stel van energieke kragte wie se
… Lees meer

Maandag | 30 Maart | 2020 Hulp sal nie gou beskikbaar wees vir swaar getrefde lugvaartbedryf in SA nie

Deur Cindy Venter Die lugvaartbedryf in Suid-Afrika is een wat alreeds swaar kry – dit is al lank reeds die geval en die Covid-19-pandemie sit nou net die kersie op die koek. Op 25 Maart 2020 het besigheidsreddingspraktisyns 'n versoek by die hooggeregshof ingedien om SA Express te likwideer. Die regering het aangedui dat hulle 'n besluit sal neem nadat hulle die aansoek verwerk het. Hulle was in die verlede gekant teen die besluit. Dit het gevolg nadat SA Express reeds in Maart 2020 nie salarisse aan hulle 691 werknemers kon betaal nie. Kulula en British Airways het op hul
… Lees meer