BEL ONS: 012 644 4300

Covid-19

Donderdag | 05 November | 2020 Nou wat vier ons 31 Desember vanjaar?

Deur Cindy Venter My hoogtepunt elke jaar vir so lank as wat ek kan onthou is die hoop en die positiewe vooruitsigte wat nuwejaarsvieringe bring. Dis asof ons elke jaar simbolies na die nuwejaar kyk as ’n “nuwe begin”, nog ’n kans om onsself te verbeter, of om veranderinge te maak wat ons eintlik al laasjaar, of die jaar voor dit wou doen.   Is ek die enigste een wat dink dat 2020 se nuwejaar ’n absolute klug was? Ons was op die strand die aand van 31 Desember 2019, vriende om ’n vreugdevuur, om middernag opgespring en baie hoopvol
… Lees meer

Maandag | 28 September | 2020 Covid-19 ontbloot foute in arbeid

Deur Reon Janse van Rensburg Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het Covid-19 gelei tot vele onderhandelingsprosesse oor gesondheid- en veiligheidsprotokolle asook die verandering van werknemers se diensvoorwaardes by byna alle medium- en groot werkgewers. Hy noem dat onderhandelinge oor die hantering van kwesbare werknemers wat weens onderliggende siektes en logistieke uitdagings nie kan werk nie daarop gevolg het. Nog ’n gevolg is afleggingskonsultasies waar poste weens Covid-19 ingeboet is en vorige kollektiewe-bedingingsooreenkomste wat hersien is. Volgens Du Plessis is hierdie onderhandelinge vir beide werknemers en werkgewers ingewikkeld en is daar in die proses opgemerk dat daar foutlyne in
… Lees meer

Woensdag | 19 Augustus | 2020 Verpleegsters verdien erkenning

Deur Nico Strydom Toe die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) 2020 as die internasionale jaar van die verpleegster en vroedvrou aangewys het, was daar geen manier om te weet dat dit profeties sou wees nie. Verpleegsters veg tans in die voorste linies teen die Covid-19-pandemie. In die geskiedenis was verpleegsters nog altyd aan die voorpunt in die stryd teen epidemies en pandemies. Verpleegsters is dikwels die eerste en soms die enigste gesondheidswerkers wat mense sien en die Covid-19-pandemie is net weer 'n herinnering aan die uiters belangrike rol wat hulle speel. Verpleegsters maak meer as die helfte van die wêreld se gesondheidsorgwerkers uit,
… Lees meer

Vrydag | 17 Julie | 2020 Die belangrikheid van mentorskap in die werkplek

Deur Nico Strydom Talle maatskappye het formele mentorskapstelsels om te verseker dat kennis en vaardighede oorgedra word en om talent te identifiseer en te ontwikkel. Mentorskapprogramme dien nie net as instrumente vir ontwikkeling nie maar is ook uiters koste-effektiewe opsies wat talle voordele vir 'n maatskappy inhou aangesien die hulpbronne reeds daar is. Navorsing het bevind dat mentorskap werktevredenheid en professionele en persoonlike ontwikkeling tot gevolg het vir sowel die persoon wat mentor as die persoon wat aan die ontvangkant is. Werknemers is ook meer geneig om by hul werkplek te bly indien hulle voel hulle kry hulp en dat
… Lees meer

Donderdag | 16 Julie | 2020 Infografiese CV’s – Wanneer jy een nodig het en wanneer nie…

Deur Reon Janse van Rensburg Tradisioneel bestaan ’n CV uit basiese teks wat gebruik word om inligting van ’n persoon te lys, vanaf die punt waar hulle loopbaan begin het tot waar hulle tans in hulle loopbaan staan. Ons is almal bekend met hierdie formaat aangesien die meeste mense wat tans in ’n beroep staan heel moontlik hierdie formaat gebruik het nog voordat hulle met hulle eerste werk begin het. Prente spreek ’n duisend woorde; hulle kan jou ook help om ’n werk te kry… Daar is egter verskillende benaderings wanneer dit kom by die samestelling en ontwerp van ’n
… Lees meer

Dinsdag | 28 April | 2020 Dink anders oor werk

Deur Cindy Venter Die vierde nywerheidsrewolusie leer ons dat die wêreld van werk, soos ons dit nou ken, besig is om te verander. Om van 7 tot 5 te gaan werk, 'n maandelikse salaris te ontvang en voordele soos 'n mediese fonds en 'n pensioenfondsbydrae te hê, is vir die meeste van ons 'n gemaksone waarvan ons baie moeilik sal afskeid neem. Dit is ongelukkig nie meer volhoubaar nie en ons sal vinnig moet aanpas om ruimte te skep vir nuwe geleenthede. Een van die nuwe geleenthede kan moontlik werk as 'n kontrakteur insluit. Dit bied aan jou die geleentheid
… Lees meer

Donderdag | 16 April | 2020 Wees toegewyd tot verandering

Deur Higgs Venter Aan die begin van die nuwe werkweek waar ons weer na die nuwe “normaal” kon terugkeer is ek vanoggend bewus van die feit dat ek regtig na die eerste dag terug op kantoor uitgesien het. Die uitsien was egter maar van korte duur. Ons gaan nou eers aan die einde van die maand, indien alles goed gaan, weer kantoor toe kan gaan, dus is my huis vir nóg 'n rukkie die skool, kerk en kantoor. Ewe skielik is motivering weer deel van die samestelling. Motivering word deur Pinder beskryf as 'n stel van energieke kragte wie se
… Lees meer

Dinsdag | 24 Maart | 2020 Hoe om nie jou werkgewer se tyd tydens die 21-dae inperkingstydperk te steel nie

Deur Cindy Venter Ek het begin om op 18 van die huis af te werk. Dit was ’n een-man-besigheid en ek was die enigste werknemer. My dag tot dag take het daaruit bestaan om tegnikuste na kliënte toe te allokeer, kwotasies uit te reik, betalings in te vorder en verslaggewing te lewer. Ek het naderhand so goed daarmee geraak dat ek langs die viswaters kon werk op ’n Vrydagmiddag en nog steeds alles baie effektief gedoen kon kry en boonop het dit gevoel of ek terselfdertyd vakansie gehou het. Intussen het ek by Solidariteit begin werk en volg ek al
… Lees meer

Dinsdag | 24 Maart | 2020 Korona sny my keel af: Wat moet ek as verkoopspersoon nou doen?

Marisa Engelbrecht   Behalwe vir groothandel, is die verkoopspersoon seker een van die eerstes wat die ekonomiese impak van die koronavirus gaan voel. Ek self het die afgelope paar dae verskeie televerkope-oproepe gehad, met baie moedelose en selfs emosionele stemme aan die ander kant van die lyn.   Die Engelse gesegde lui: “Business as usual.” Met Korona – nie eens meer net op ons voorstoepe nie, maar reeds in ons huise – is die moderne weergawe van hierdie spreekwoord eerder: “Business differently.”   Wat is die werklike definisie van verkope? Nee, dis nie kommissie en teikens en hoeveel ek hierdie
… Lees meer

Dinsdag | 24 Maart | 2020 Korona – Bemarkers en kommunikasiebeamptes dalk SA besighede se reddingsboei – Deel 2

Deur Marisa Engelbrecht   Suid-Afrikaanse besighede begin die impak van Korona voel en die bedreiging wat hierdie virus nog verder vir besighede inhou, beloof om groot te wees. In Deel 1 van ons artikel het ons gefokus op die huiswerk wat bemarkers en kommunikasiebeamptes kan doen om hul besighede deur hierdie uitdagende ekonomiese krisis te help. Besighede gaan in alle waarskynlikheid nie groei nie, maar hulle moet ná die krisis weer kan opstaan.   Ons kyk dan in Deel 2 verder na take wat vir ons uitgelig is deur searchenginejournal.com: Taak 6: Soekenjins Vir talle kleiner besighede was 'n teenwoordigheid
… Lees meer