BEL ONS: 012 644 4300

Finansiële Nuus

Maandag | 07 Junie | 2021 Finansiële beplanner versus finansiële adviseur: Vinkel en koljander, of nie?

Deur Dr Eugene Brink Wat is die verskil tussen 'n finansiële beplanner en 'n finansiële adviseur? Dit is 'n goeie vraag en een waaraan kliënte sorgvuldig aandag moet skenk. Alhoewel die leek hulle as verwisselbare terme gebruik, is daar 'n paar ware verskille. “Die verskil tussen 'n finansiële adviseur en finansiële beplanner is 'n onderwerp wat in die finansiëledienstebedryf gedebatteer word,” sê Coryann Hicks, 'n finansiële joernalis. Eerstens, sê Hicks, is finansiële adviseurs meer ingestel op beleggingsbestuur, terwyl beplanners 'n meer holistiese benadering neem. “Finansiële adviseurs is geneig om 'n enger uitsig as finansiële beplanners aan te neem wanneer hulle
… Lees meer

Maandag | 24 Mei | 2021 Slaggate wat finansiële adviseurs moet vermy

Deur dr. Eugene Brink Elke werk en nywerheid het sy eie leerkurwe en in die finansiëledienste-nywerheid kan foute letterlik en metafories duur wees. Dit is dus beter om sommige van hulle te vermy en uit ander finansiële adviseurs se foute te leer as om hulle self te maak. Dit is veral waar wanneer jy met kliënte en hul geld werk. “Mense vermy dit oor die algemeen om oor hul foute te praat uit vrees dat deur dit te doen hulle mense aan hul vermoëns sal laat twyfel. Dit is skynbaar veral waar in finansiële professies waar ek dikwels groot ego’s
… Lees meer

Maandag | 10 Mei | 2021 Hoe boesem ek vertroue in by my kliënte?

Deur Nico Strydom 'n Finansiële adviseur se verhouding met sy kliënte is van uiterste belang en vertroue moet een van die hoekstene van die verhouding wees. 'n Kliënt kom op verskillende maniere by 'n spesifieke finansiële adviseur uit, hetsy deur verwysing, deur 'n advertensie, sy of haar kwalifikasies of reputasie. Die rede hoekom 'n kliënt egter by 'n bepaalde finansiële adviseur sal bly, is vertroue. Om 'n kliënt se vertroue te wen, is egter nie altyd maklik nie. Kliënte vertou 'n adviseur wat doen wat hy of sy sê hulle gaan doen en wat in die beste belang van die
… Lees meer

Maandag | 03 Mei | 2021 Die sosiale rol van die ouditeursberoep

Deur Essie Bester Dis die natuurlike wantroue wat een mens vir 'n ander voel in aangeleenthede waar die hantering van geld en ander waardevolle artikels op die spel is, wat lank gelede gelei het tot die ontstaan van die ouditeursberoep. Deur die jare het hierdie belangrike plig van 'n ouditeur nie verander nie. Die vernaamste taak van 'n ouditeur is om verslag te doen oor hoe diegene waaraan die bestuur en leierskap van die organisasie toevertrou is hul pligte nagekom het – veral of hulle dit waaragtig en met integriteit gedoen het. Daarom is dit belangrik dat ouditeure eerlike en
… Lees meer

Dinsdag | 16 Februarie | 2021 Verdelings en omstrede aanstelling lei tot ontbinding van Irba-raad

Deur Reon Janse van Rensburg Tongaat Hulett Jenitha John het vanaf 2007 in Tongaat Hulett se direksie gedien en het in 2018 die posisie van voorsitter van die onderneming se oudit- en nakomingskomitee beklee toe Tongaat Hulett in 'n boekhouerskandaal betrokke was. Daar is bevind dat die onderneming sy bates met R4,5 miljard oorskat het. Volgens 'n PwC-verslag is tien lede van die uitvoerende bestuur by die skandaal betrek. Die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (Irba) In April 2020 is John as die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (Irba) aangestel. Ten spyte van die PwC-verslag het John die
… Lees meer

Maandag | 25 Januarie | 2021 Covid-19: Versnel die verandering in finansiële beplanning

Deur Dr. Eugene Brink Die blywende impak van Covid-19 en die gepaardgaande inperking is nie soseer die skep van nuwe tendense nie, maar die versnelling van bestaande tendense. Terwyl selfs bedrywe wat tasbare produkte en dienste verkoop 'n verskuiwing gemaak het na 'n omgewing wat toenemend aanlyn is, het daardie bedrywe wat nie-tasbare produkte en dienste aanbied selfs meer vordering gemaak – en dit behoort ook die geval te wees. Aanvullende dienste en bedrywe soos die bankwese het oor die afgelope twee dekades vinnige en ononderbroke vordering met digitale transaksies gemaak. Dit volg net dat finansiële adviseurs – wat besige
… Lees meer

Maandag | 07 Desember | 2020 Finansiële adviseurs: Dít is waaraan kliënte waarde heg

Deur Nico Strydom Finansiële adviseurs en hul kliënte het dikwels verskillende idees oor wat die kliënt as waardevol beskou in die sakeverhouding. 'n Finansiële adviseur kan 'n kliënt met verskeie aspekte van finansiële beplanning help maar navorsing het gevind dat kliënte veel meer van hul finansiële adviseur verwag. Dit sluit onder meer in kliëntedienservaring, ervaring met soortgelyke kliënte, beleggingsopbrengste, 'n verskeidenheid dienste en fooie en uitgawes. Verskeie studies is al gedoen oor wat kliënte van finansiële adviseurs verwag en waaraan hulle die meeste waarde heg. Daar is ook navorsing gedoen oor wat finansiële adviseurs dink kliënte van hulle verwag en
… Lees meer

Maandag | 16 November | 2020 Nuusbriewe is 'n moet vir finansiële adviseurs

Deur Nico Strydom Nuusbriewe is belangrike hulpmiddels vir finansiële adviseurs om verhoudings met hul kliënte te ontwikkel. Dit stel finansiële adviseurs in staat om in kontak met hul kliënte te bly en om vir hulle tydige, relevante en waardevolle inligting te gee. 'n Nuusbrief sal wys dat jy 'n kenner in jou veld is en kliënte wil laat sien dat jy self ook op die hoogte bly van die jongste neigings en patrone in die mark en watter invloed dit op hulle finansies het. Vertroue is van kardinale belang wanneer dit kom by finansiële advies en kommunikasie is een van
… Lees meer

Vrydag | 09 Oktober | 2020 Tongaat Hulett: Deloitte se aandeel in debakel onder vergrootglas geplaas

Deur Reon Janse van Rensburg In 'n onlangse jaarvergadering van Tongaat Hulett, het die voorsitter van die maatskappy, Louis von Zeuner, aandeelhouers verseker dat die direksie sal optree waar hulle glo dit nodig is, maar hy het egter nie genoem dat hulle dadelik beplan om aksie teen die eksterne ouditeur, Deloitte, te neem nie. 'n Groot deel van die twee uur lange vergadering was egter daarop gemik om Deloitte se rol in die dreigende ineenstorting van die maatskappy te bespreek. Een van die aandeelhouers in die maatskappy, Chris Logan, wat reeds in 2014 probleme by die suikergroep opgemerk het, het
… Lees meer

Vrydag | 11 September | 2020 Ruan Smith: Mense-mens, finansiële adviseur en 'n man wat help bou aan 'n plan

Deur Reon Janse van Rensburg Ruan Smith (27) van Krugersdorp in die Wes-Rand is 'n jongman met 'n passie vir alles wat oor sy pad kom. Hy is nie net 'n mens wat lief daarvoor is om vir die toekoms te beplan nie, maar is ook 'n kranige, gekwalifiseerde sjef met 'n groot liefde vir kosmaak. Hy was voorheen in die onderwys waar hy reeds sy passie om mense te help, kon uitleef. Vandag is Ruan 'n senior persoonlike finansiële adviseur by Old Mutual waar hy daagliks met al die verskillende aspekte van sy beroep te doen kry. Solidariteit se
… Lees meer