BEL ONS: 012 644 4300

Gilde Artikels

Woensdag | 18 September | 2019 Verpleegkundige eienskappe: Vaardighede wat van jou ’n goeie verpleegkundige maak.

  Verpleegkunde is ’n beroep vir mense met passie en ’n wil om ander te help en diensbaar te wees. Goeie verpleegkundiges is baie vaardig in die volgende:   Kommunikasievaardighede ’n Goeie verpleegkundige het uitstekende kommunikasievaardighede. Dit is van kardinale belang dat jy as verpleegkundige nie net goed met ander kan kommunikeer nie, maar ook behoorlik kan luister omdat dit help met probleemoplossing. Emosionele stabiliteit Verpleegkunde is ’n stresvolle werk en dikwels baie traumaties wanneer mens met dood, ongeluk of aaklige kwessies gekonfronteer word. ’n Goeie verpleegkundige het die vermoë om aan te pas by enige omstandighede wat hulle in
… Lees meer

Woensdag | 18 September | 2019 Só moet kommunikasiepraktisyns optree

Deur Nico Strydom Die openbareskakelwese-bedryf in Suid-Afrika word tans nie amptelik gereguleer nie maar daar word uit talle oorde versoek dat dit wel gedoen moet word. Hernude oproepe vir die regulering van die openbareskakelwese- bedryf het opnuut opgeklink na die Bell Pottinger-sage waar daar bevind is dat dié organisasie 'n veldtog in Suid-Afrika gedryf het om rassespanning aan te blaas. Bell Pottinger is later uit Brittanje se vereniging vir skakel- en kommunikasiemaatskappye geskop. In Suid-Afrika is daar die Suid-Afrikaanse Instituut vir Openbare Betrekkinge, oftewel Prisa. Daar is egter geen wetlike verpligting vir professionele skakel- of kommunikasiepraktisyns om lid van Prisa
… Lees meer

Maandag | 16 September | 2019 KYK VIDEO: Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2019 by spoggeleentheid aangewys

Die Solidariteit Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns het onlangs hul Kantoorkampioen vir 2019 aangewys. Die kompetisie is vanjaar vir die eerste keer aangebied en sal voortaan ’n jaarlikse instelling wees. Die Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns is ’n beroepsgemeenskap vir enige iemand in ’n administratiewe rol, ongeag of die persoon ’n persoonlike assistent, ontvangspersoon, datavaslegger of administratiewe beampte is. Dié beroepsgilde fokus daarop om sy lede in hul beroepe te versterk en ook om vir hulle die nodige erkenning te gee wat soveel male agterweë bly. Lindie Strydom het as gasspreker die ongeveer 80 gaste by dié glansgeleentheid in Pretoria geïnspireer en gemotiveer. Enige
… Lees meer

Dinsdag | 10 September | 2019 Agt goue reëls om ‘n sukses van jou loopbaan te maak

Dit is vir elke mens moontlik om ’n sukses van sy of haar loopbaan te maak. Die wel en weë van Solidariteit se meer as 180 000 lede het vir FLIP BUYS die geleentheid gebied om ’n deeglike studie te maak van die vereistes vir loopbaansukses. Hy het vir jare lank noukeurig gekyk na die redes waarom sommige mense bo uitkom en ander nie. Hy som sy gevolgtrekkings hieroor op in agt goue reëls om ’n sukses van jou loopbaan te maak. Vervul jou roeping Baie mense se loopbaan vat net nooit vlam nie omdat hulle nie besig is om hul roeping uit
… Lees meer

Maandag | 26 Augustus | 2019 Waarnemings vanuit 'n pediatriese intensiewesorgeenheid (“PICU”)

Ons waardeer julle onbeskryflik baie, al sê ons dit nie. Julle is in beheer van ons kosbaarste besittings, en ons nie. Ons is angstig, bang, emosioneel. Laai hier die wenke af van ouers wat verpleegsters moet weet.

Woensdag | 21 Augustus | 2019 Solidariteit: Alle weë word oorweeg om NGV te beveg

Solidariteit het vandag bekendgemaak dat hulle alle stappe oorweeg om die skadelike gevolge wat die inwerkingstelling van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal hê, te beveg.   Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) verduidelik: “Die NGV in sy huidige formaat stuur af op 'n onbetwisbare ramp. Alle mediese praktisyns, belastingbetalers en Suid-Afrikaanse burgers sal geweldig negatief daardeur beïnvloed word. Derhalwe, onderneem ons om alle hulpbronne tot ons beskikking te gebruik om die impak daarvan te bekamp.”   Solidariteit sal insette lewer by enige openbare deelname proses om die wetsontwerp se tekortkominge bloot te lê, maar tref
… Lees meer

Dinsdag | 06 Augustus | 2019 Politici kan uit vakbondkoalisies leer

Ná afloop van nasionale en munisipale verkiesings word koalisies tussen politieke partye gevorm, of dit word beëindig. Dit is veral die DA en die EFF wat 'n geskiedenis van “opmaak en uitmaak” het.   Die verskynsel van formele koalisievorming is geruime tyd in die vakbondwese gevestig. Met raakpunte met koalisies uit die politieke omgewing is die dryfveer daaragter om óf deur 'n koalisie 'n meerderheidstatus van verteenwoordiging by 'n werkplek te beskerm, óf om 'n opposisieblok teen die meerderheidsvakbond te vorm. Onderliggend daaraan is die “wenner-neem-alles-beginsel” waarvolgens 'n vakbond (of politieke party) wat meer as 50% steun het, die meeste
… Lees meer

Donderdag | 25 Julie | 2019 Bang vir jou e-posbus na die vakansie?

Voordat jy op 'n welverdiende vakansie kon vertrek, het jy angsaanvalle gekry oor die hoeveelheid werk wat afgehandel moes word voordat jy kon afskakel en ontspan. Na jou terugkeer wens jy dat jy nooit met vakansie gegaan het nie, want jou e-posbus gee jou onmiddellik hoofbrekens. Hier is 'n paar wenke om hierdie nagmerrie in jou e-posbus te hanteer en te verseker dat dit jou nie van jou salige na-vakansie-gevoel beroof nie. Sit tyd opsy om deur jou e-posbus te werk. Beskou hierdie tyd as 'n geskeduleerde vergadering wat nie uitgestel kan word nie en wat jy verplig is om
… Lees meer

Dinsdag | 16 Julie | 2019 Lonmin was gedoem ná ‘onheilige’ pakt met Amcu

Lonmin, die wêreld se derde grootste platinumprodusent, is op 7 Junie deur Sibanye-Stillwater oorgeneem. Indien dié oorname nie plaasgevind het nie, sou Lonmin moontlik nou in sakeredding gewees het.   Lonmin se kontantvloeiprobleme het aanvanklik ontstaan weens Brad Mills, uitvoerende hoof van 2004 tot 2008, se mislukte meganiseringspoging.   In Augustus 2012 het 'n tweede harde slag die maatskappy met die Marikana-gebeure getref. 'n Paar maande ná “Marikana”, word Ben Magara as Lonmin se uitvoerende hoof aangestel. Hoewel Magara ook goeie dinge gedoen het, het hy Lonmin se einde versnel.   Ek het Magara as hoof van Anglo American Coal
… Lees meer

Dinsdag | 16 Julie | 2019 Wanneer uitbranding jou beetkry!

Deur Bianca Smit “Burnout is a sign that something needs to change.” – Sarah Forgrave Die bogenoemde stelling laat dit so maklik klink. As dinge nie werk nie, verander dit. Dit is egter nie so maklik soos wat dit klink nie. Gesondheidspraktisyns, verpleegsters en maatskaplike werkers maak elke dag bewustelik die keuse om hulle eie welstand prys te gee sodat hulle na iemand anders s’n kan omsien. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs in ’n verklaring aangekondig dat uitbranding nou as ’n mediese toestand beskou word. Dit volg kort nadat SASA (South African Society of Anaesthesiologists) in April hierdie jaar
… Lees meer