BEL ONS: 012 644 4300

Kantoorpraktisyns Artikels

Maandag | 10 Junie | 2019 Vind roetine in jou chaotiese dae

Deur Lize-Mari Labuschagne Om te besluit op ‘n roetine kan jou help om jou beste, mees produktiewe self te wees. Roetine heers in die wêreld van produktiwiteit en roetines is maklik, indien elke dag presies dieselfde loop. Maar, wat as elke dag by die werk anders lyk? As jy elke dag dieselfde roetine volg, stuur dit ‘n boodskap aan jou brein van wat verwag kan word en wat sal volg. As jou brein nie moet dink of besluite neem oor wat volgende kom nie, bevry dit meer geestelike energie vir jou werklike take. Dit is duidelik dat ‘n roetine groot
… Lees meer

Photo by Mattia Ascenzo on Unsplash
Maandag | 10 Junie | 2019 Om “nee” te sê maak jou nie 'n slegte mens nie

Vir die meeste van ons kom nee nie natuurlik nie. Jy voel altyd asof jy ‘n kollega teleurstel, skuldig om jou baas weg te wys en angstig om ‘n kliënt se versoek te ontken. Jy wil nie geken word as die persoon wat altyd “nee” sê nie. Die probleem hiermee is dat te veel projekte en take vir jou kapasiteit jou net gespanne en ongesond kan maak. As jy nie tyd het om iets te doen nie, doen jy ‘n onreg aan die persoon vir wie jy “ja” gesê het. Jou tyd, vaardighede en kapasiteit is te waardevol om betrokke
… Lees meer

Woensdag | 22 Mei | 2019 Die pad na my hart loop deur my ore

Brigitte Raath   Jou werk is net soos 'n romantiese verhouding of jy nou daarvan hou of nie. Jou medewerkers en kliënte sien jou die tye wat jy jou beste voetjie voorsit terwyl jy 'n voorlegging doen en op jou slegste wanneer jy elke haar na 'n 60-uurwerksweek uit jou kop wil pluk. Jy het ewige trou aan jou werkgewer beloof die dag toe jy jou pos aanvaar het en, net soos 'n huwelik, kos dit bloedsweet en die spreekwoordelike sewe sakke sout om besigheidsverhoudings oor tyd te laat blom.   “Liefdesadvies” kan ook by die kantoor toegepas word. Nou
… Lees meer

Donderdag | 16 Mei | 2019 Kantoorpraktisyns nou deel van 'n netwerk van werk

Kantoorpraktisyns kan nou deel word van 'n beroepsgemeenskap waar hulle deel is van 'n netwerk waar hulle kan leer, deel en floreer. Die Gilde vir Kantoorpraktisyns is jou tuiste waar jy vry, veilig en voorspoedig in jou beroep kan wees. Deur in te skryf vir die kantoorkampioenkompetisie van 2019 word ons kantoormeesters ook beloon vir hul uitenemendheid! Wil jy graag meer hieroor weet? Luister na hierdie klankgreep deur Brigitte Raath, hierdie gilde se ambassadeur.

Donderdag | 25 April | 2019 Tydsbestuur

Deur Salome Coertze   Kry die regte dinge in minder tyd gedoen! Don’t say you don’t have enough time. You have exactly the same number of hours per day that were given to Helen Keller, Pasteur, Michaelangelo, Mother Teresa, Leonardo da Vinci, Thomas Jefferson, and Albert Einstein. ― H. Jackson Brown Jr. Ek het bietjie by Susanne Madsen (Blogs: Developing project leaders en The Liquidplanner en skrywer van die boek The Power of Project Leadership) gaan kers opsteek oor hoe mens jou tyd beter kan bestuur. Sy begin deur die volgende te sê: Om voor te loop in jou loopbaan,
… Lees meer

Donderdag | 18 April | 2019 Hardloop in hakke

“Hoe doen jy dit?” is 'n vraag wat ek meer as gereeld hoor.   Een (w)eggenoot, twee seuns, een tienerdogter(!), twee honde, katte, visse en budjies, een skilpad, 'n 8 tot 5-werk, twee “base”, 'n oefenroetine, huishouding, vriende, familie, stokperdjies, take, huiswerk en verskeie buitemuurse aktiwiteite, insluitend my eie waarin ek myself onlangs begewe het.   Sommige dae verloop alles reg. Ek word wakker voor my wekker om 05:00 afgaan. My oggenddraffie voel soos 'n walk in the park. My koffie is sterk en lekker. Die kinders, honde en my hare werk saam. Die verkeer is my genadig en wanneer
… Lees meer

Donderdag | 11 April | 2019 Kantoorpraktisyns: Die soet, suur en nodige

Deur Dr. Eugene Brink Kantoorpraktisyns moet oor goeie kommunikasie- en luistervaardighede beskik, op hul voete dink en bowenal puik telefoon-etiket ten toon stel. Dít is die konsensusmening van drie ervare administratiewe personeellede waarmee Solidariteit Wêreld oor die aard van hul werk gesels het. Angie du Preez, senior takadministrateur by AfriForum, sê haar werk behels beslis dat sy sistematies moet kan werk en akkuraat wees. “Daarby moet mense beslis aan die organisasie se vereistes wat telefoon- en e-pos-etiket betref, voldoen. Spanwerk, om onder druk te werk en deeglikheid is ook van die allergrootste belang.” Karin van der Watt, administratiewe beampte by
… Lees meer

Maandag | 01 April | 2019 Uitdagings wat kantoorpraktisyns in die gesig staar

Administratiewe personeel is daardie ongesiene helde in die werkplek. Hulle kan meer as een taak op 'n slag verrig, beskut oor baie vaardighede en moet ’n verskeidenheid verwagte en onverwagte uitdagings in die gesig staar. Deur baie uitdagings maak hulle seker dat kantooraktiwiteite glad verloop, en hulle doen dit soms ongesiens en sonder erkenning. Hier is 'n paar uitdagings wat administratiewe personeel daagliks moet oorkom: Moeilike mense Administratiewe beamptes moet heeldag met mense werk waarmee jy dalk net vinnig te doen kry. Hulle werk daagliks met veeleisende, aggressiewe, sosiaal ongemaklike, selfbehepte, manipulerende mense én dan nog mense wat mikrobestuur toepas.
… Lees meer

Donderdag | 14 Maart | 2019 Wees jou maatskappy se rooi lippe!

Deur Mia Slabbert Wanneer Jan Publiek ’n kantoor of spreekkamer besoek, kan hulle binne sekondes tuis of heeltemal onwelkom voel. Dít is die mag wat elke kantoorpraktisyn in sy of haar hande het. Maak dus seker dat daardie eerste indruk werklik indrukwekkend is. Wees só indrukwekkend soos rooi lippe op 'n vaal wintersoggend. Só meen Vena Strauss, die ontvangsdame van Solidariteit Helpende Hand wat al tien jaar lank die vriendelike gesig is wat lede van die publiek vanuit haar ontvangshokkie verwelkom. “Jitte, hierdie werk is ongelooflik. Mense besef nie altyd die voorreg en verantwoordelikheid wat kantoorpraktisyns het nie. Ons vorige
… Lees meer

Donderdag | 14 Maart | 2019 ‘n Lewe van Dankbaarheid

Wanneer die sluise van die hemel oopgaan en die Here die aarde met reën seën, is my hart normaalweg dankbaar. Ek verlustig my in die reuk van nat grond, die lofsimfonie van die voëls in die bome en die lekker grilgevoel wanneer ek kaalvoet oor die nat gras na die reënmeter loop om te sien hoeveel reën geval het. Donderdag was dit anders. Laatmiddag staan ek in 'n informele nedersetting en die reën kom swaar op die sinkdak neer. Kindertjies skarrel vervaard rond om potte onder die lekplekke in die dak neer te sit. Die reuk van nat hond gemeng
… Lees meer