BEL ONS: 012 644 4300

Kommunikasiepraktisyns Artikel

Vrydag | 29 November | 2019 Kreatiwiteit: Soms op unieke plekke

Deur Bianca Smit Emma O’Brien, 'n professionele fotograaf van Johannesburg, het onlangs by die TEDx-konferensie in Pretoria gesels oor die “Creative magic of black dogs”. Hierdie titel het my baie gefassineer, want hoe bring jy nou kreatiwiteit en 'n swart hond bymekaar uit? Sy het verder uitgebrei dat 'n term wat algemeen in diereskuilings gebruik word eendag 'n hele nuwe kreatiewe proses by haar ontketen het. Die term was “black dog syndrome.” Dit verwys basies daarna dat swart honde nie so maklik aangeneem word as honde van ander kleure nie. Swart honde word gereeld oorgeslaan slegs weens die kleur van
… Lees meer

Woensdag | 27 November | 2019 Seksuele teistering in die werkplek

Ons werk in diverse omgewings elk met sy eie waardes, manier van dinge doen en interpretasies. Ongeag hiervan, het niemand die reg om ’n ander persoon te teister nie. Hoe definieer ons seksuele teistering? Die goeiepraktykkode oor die hantering van seksuele teistering in die werkplek definieer seksuele teistering as: “Ongewenste gedrag van ’n seksuele aard wat die regte van die werknemer skend en ’n teenvoeter vir gelykheid in die werkplek is.” Hierdie gedrag sluit in enige fisieke, verbale of nie-verbale seksuele optrede wat die slagoffer ongemaklik laat voel. Maak seker dit is wel seksuele teistering: Voorbeelde van seksuele teistering is
… Lees meer

Donderdag | 19 September | 2019 Die belangrikheid van reputasiebestuur vir jou handelsmerk

Deur Lize-Mari Labuschagne Reputasiebestuur, in kort, is die poging om te beïnvloed wat en hoe mense van ‘n handelsmerk dink. Wat sê mense van jou? Die bestuur van jou handelsmerk se reputasie is een van die kernwerksaamhede in kommunikasiebestuur. Karakter is wie jy is. Reputasie is wie ander mense dink jy is, en vandag is dit hoofsaaklik gebaseer op wat kunsmatige intelligensiestelsels eerder as eerstehandse ervaring oor jou uitbeeld. Reputasiebestuur gebeur grootliks aanlyn Baie mense en organisasies gebruik verskillende vorme van sosiale media om hul reputasie te monitor. Reputasiebestuur vind aanlyn plaas, want dit is waar die meerderheid van ons
… Lees meer

Woensdag | 18 September | 2019 Só moet kommunikasiepraktisyns optree

Deur Nico Strydom Die openbareskakelwese-bedryf in Suid-Afrika word tans nie amptelik gereguleer nie maar daar word uit talle oorde versoek dat dit wel gedoen moet word. Hernude oproepe vir die regulering van die openbareskakelwese- bedryf het opnuut opgeklink na die Bell Pottinger-sage waar daar bevind is dat dié organisasie 'n veldtog in Suid-Afrika gedryf het om rassespanning aan te blaas. Bell Pottinger is later uit Brittanje se vereniging vir skakel- en kommunikasiemaatskappye geskop. In Suid-Afrika is daar die Suid-Afrikaanse Instituut vir Openbare Betrekkinge, oftewel Prisa. Daar is egter geen wetlike verpligting vir professionele skakel- of kommunikasiepraktisyns om lid van Prisa
… Lees meer

Woensdag | 10 Julie | 2019 KYK: Susan Lombaard van Maroela Media vertel

Stel jy belang in 'n beroep in media? Maak seker dat jy na hierdie onderhoud met Susan Lombaard van Maroela Media luister: Klik Hier.

Vrydag | 05 April | 2019 KYK: “Tussen die publiek en gebeure – dáár’s ek.”- Joernalis

Deur Mia Slabbert Die werklike realiteit van nuusgebeure in Suid-Afrika is soms só wreed, dat joernaliste die verantwoordelikheid het om as 'n filter tussen die werklikheid en die uiteindelike nuusstorie te dien. Joernaliste staan in hul menswees direk vóór die tragedie, gevaar of chaos en verwerk baie kere hierdie inligting tot so 'n mate dat trauma op ’n versagtende wyse aan die publiek oorgedra kan word. Wanneer die publiek 'n koerant of tydskrif oopmaak, of om sewe by 'n nuuskanaal inskakel, volg 'n string nuusberigte oor plofbare kwessies in die land – of dit nou misdaad, politiek of gesondheid is
… Lees meer

Woensdag | 14 November | 2018 “Klank is my werk en elke dag op radio is anders”

Deur Dr. Eugene Brink Wees bereid om hard te werk en kweek 'n dik vel, maar elke dag is anders en perfek vir kreatiewe geeste. Dit is die mening van twee bekende Afrikaanse stemme op radio met wie Solidariteit Wêreld oor hul werk gepraat het. “My werk is klank. Ek werk in 'n medium wat ‘blind’ is, en daarom is klank uiters belangrik in radio. Die gebruik van klank, die manier waarop jy jou stem op die lug gebruik, als moet 'n prentjie kan skets vir die persoon wat luister,” sê Ettienne Ludick, 'n radio-omroeper en regisseur by RSG. “Dis
… Lees meer

Hoe 'n landingsblad belangstelling (“lead generation”) wek
Maandag | 12 November | 2018 Hoe ‘n landingsblad belangstelling (“lead generation”) wek

Deur: Morné Prinsloo   Die doel van 'n landingsblad (“landing page”) is om belangstelling van besoekers te wek en die meeste te maak van jou betaalde soek se bemarkingsveldtogte. Landingsblaaie word dus die beste gebruik in verband met aanlyn bemarkingsveldtogte soos GoogleAds of Facebook-advertensies, in stede van organiese webwerfverkeer.   'n Landingsbladsy is 'n webbladsy waar besoekers “land”. Dit is 'n alleenstaande webbladsy wat toegewy is aan die dryf van belangstelling (“leads”). 'n Landingsbladsy moet jou bevry van kieslyste (“menus”), hulptuie (“widgets”), inligting op die kantlyn (“sidebars”), onnodige skakels ens. Landingsbladsye moet besoekers aanmoedig om aksie te neem of om
… Lees meer

Die grondbeginsels van SEO: Die gebruik van sleutelwoorde
Maandag | 05 November | 2018 Die grondbeginsels van SEO: Die gebruik van sleutelwoorde

Deur Morné Prinsloo   Wat is sleutelwoorde? Sleutelwoorde is, in kort, woorde en frases wat mense gebruik om aanlyn na iets te soek. Sleutelwoorde reflekteer idees en onderwerpe wat definieer waaroor sekere inhoud handel; 'n opsomming as jy wil. Indien jy 'n inhoudskepper is, of indien jy inhoud op 'n webblad bestuur, is dit baie belangrik dat jy jou sleutelwoorde pas by die sleutelwoorde waarvoor mense aanlyn soek, m.a.w. dit moet relevant wees. Op hierdie manier verbeter jy die kanse dat jou inhoud aanlyn deur soekenjins gevind word.   Daar is talle verskillende soorte sleutelwoorde, alhoewel, vir die doeleindes van
… Lees meer

Woensdag | 31 Oktober | 2018 Die wêreld van mediabetrekkinge

Deur Dr. Eugene Brink Die koms en wydverspreide gebruik van sosiale media het beslis die medialandskap verander. Die mediawêreld is nou meer verstrooi as ooit tevore en die hoofstroommedia het van sy trefkrag verloor. En tog is dit nou vir organisasies belangriker as ooit tevore om hul beeld en reputasies in die oë van die publiek te bevorder en blink te vryf. Dit is goeie nuus vir die loopbaanvooruitsigte van huidige en voornemende openbarebetrekkinge-beamptes. Wat behels oppenbare of mediabetrekkinge oor die algemeen? “Openbare betrekkinge verwys na die verhouding tussen 'n maatskappy en die publiek. OB-werk beteken om 'n maatskappy te
… Lees meer