BEL ONS: 012 644 4300

Kommunikasiepraktisyns Artikel

Woensdag | 14 November | 2018 “Klank is my werk en elke dag op radio is anders”

Deur Dr. Eugene Brink Wees bereid om hard te werk en kweek 'n dik vel, maar elke dag is anders en perfek vir kreatiewe geeste. Dit is die mening van twee bekende Afrikaanse stemme op radio met wie Solidariteit Wêreld oor hul werk gepraat het. “My werk is klank. Ek werk in 'n medium wat ‘blind’ is, en daarom is klank uiters belangrik in radio. Die gebruik van klank, die manier waarop jy jou stem op die lug gebruik, als moet 'n prentjie kan skets vir die persoon wat luister,” sê Ettienne Ludick, 'n radio-omroeper en regisseur by RSG. “Dis
… Lees meer

Hoe 'n landingsblad belangstelling (“lead generation”) wek
Maandag | 12 November | 2018 Hoe ‘n landingsblad belangstelling (“lead generation”) wek

Deur: Morné Prinsloo   Die doel van 'n landingsblad (“landing page”) is om belangstelling van besoekers te wek en die meeste te maak van jou betaalde soek se bemarkingsveldtogte. Landingsblaaie word dus die beste gebruik in verband met aanlyn bemarkingsveldtogte soos GoogleAds of Facebook-advertensies, in stede van organiese webwerfverkeer.   'n Landingsbladsy is 'n webbladsy waar besoekers “land”. Dit is 'n alleenstaande webbladsy wat toegewy is aan die dryf van belangstelling (“leads”). 'n Landingsbladsy moet jou bevry van kieslyste (“menus”), hulptuie (“widgets”), inligting op die kantlyn (“sidebars”), onnodige skakels ens. Landingsbladsye moet besoekers aanmoedig om aksie te neem of om
… Lees meer

Die grondbeginsels van SEO: Die gebruik van sleutelwoorde
Maandag | 05 November | 2018 Die grondbeginsels van SEO: Die gebruik van sleutelwoorde

Deur Morné Prinsloo   Wat is sleutelwoorde? Sleutelwoorde is, in kort, woorde en frases wat mense gebruik om aanlyn na iets te soek. Sleutelwoorde reflekteer idees en onderwerpe wat definieer waaroor sekere inhoud handel; 'n opsomming as jy wil. Indien jy 'n inhoudskepper is, of indien jy inhoud op 'n webblad bestuur, is dit baie belangrik dat jy jou sleutelwoorde pas by die sleutelwoorde waarvoor mense aanlyn soek, m.a.w. dit moet relevant wees. Op hierdie manier verbeter jy die kanse dat jou inhoud aanlyn deur soekenjins gevind word.   Daar is talle verskillende soorte sleutelwoorde, alhoewel, vir die doeleindes van
… Lees meer

Woensdag | 31 Oktober | 2018 Die wêreld van mediabetrekkinge

Deur Dr. Eugene Brink Die koms en wydverspreide gebruik van sosiale media het beslis die medialandskap verander. Die mediawêreld is nou meer verstrooi as ooit tevore en die hoofstroommedia het van sy trefkrag verloor. En tog is dit nou vir organisasies belangriker as ooit tevore om hul beeld en reputasies in die oë van die publiek te bevorder en blink te vryf. Dit is goeie nuus vir die loopbaanvooruitsigte van huidige en voornemende openbarebetrekkinge-beamptes. Wat behels oppenbare of mediabetrekkinge oor die algemeen? “Openbare betrekkinge verwys na die verhouding tussen 'n maatskappy en die publiek. OB-werk beteken om 'n maatskappy te
… Lees meer

verbeter jou webwerf se SEO
Maandag | 29 Oktober | 2018 Basiese beginsels van Soekenjin Optimalisering (SEO): Verbeter jou SEO drasties

  Deur Morné Prinsloo   Soekenjin Optimalisering [“Search Engine Optimisation” (SEO)] is ietwat van 'n gonswoord in die digitale bemarkingsindustrie die afgelope tyd. Die Digitale Bemarkingsinstituut (Digital Marketing Institute) lys SEO-spesialiste as een van die 7 mees populêre digitale bemarkingsposte. Freshgigs.ca voer aan dat 'n SEO-spesialis webwerwe, of 'n maatskappy se webwerf moet analiseer, hersien en dan veranderinge implementeer, sodat hierdie webwerf vir soekenjins geoptimaliseer word. Dit kan moeilik wees omdat soekenjins, soos Google, konstant hulle algoritmes verander om hulle gebruikers met die beste en mees relevante inhoud verskaf.   Wat is SEO? SEO is die proses waardeur 'n maatskappy
… Lees meer

Donderdag | 27 September | 2018 Jou Ritsgids vir Facebook-advertensies: Deel 4 – Advertensieformate

Deur Morné Prinsloo   Die finale stap in die beplanning van 'n Facebook-advertensieveldtog, na die bepaling van die advertensie se plasing en begroting, is die bepaling van watter advertensieformaat om te gebruik. Verskillende formate wat oorweeg kan word, is fotoadvertensies, videoadvertensies, karouseladvertensies, skyfievertoningadvertensies en kollektieweadvertensies. Kom ons kyk na die verskillende advertensieformate.   Fotoadvertensies Facebook laat besighede toe om fotoadvertensies te skep en te bemark. Fotoadvertensies is 'n fantastiese manier om jou besigheid se produkte en dienste te adverteer, of om algemene bewustheid onder jou huidige- of teikenmark te skep. Fotoadvertensies word mees algemeen op Facebook- en Instagram-nuusberigte (“News Feeds”)
… Lees meer

Woensdag | 26 September | 2018 Loopbaan in digitale bemarking: 'n Blink (en natuurlik digitale) toekoms

Deur Dr. Eugene Brink Digitale bemarking is kortliks “alle bemarkingspogings wat 'n elektroniese toestel of die internet gebruik”. So sê Lucy Alexander, 'n Amerikaanse digitalemedia-deskundige en 'n bydraer by Hubspot. Sy vervolg: “Besighede gebruik digitale kanale soos soekenjins, sosiale media, e-pos en hul webblaaie tot hul voordeel om huidige en moontlike kliënte te kontak. “Bemarking het nog altyd daaroor gegaan om aansluiting op die regte plek en op die regte tyd aansluiting by jou gehoor te vind. Vandag beteken dit dat jy hulle moet ontmoet daar waar hulle reeds tyd deurbring: op die internet.” Dit is bemarking wat moderne tegnologiese
… Lees meer

Maandag | 10 September | 2018 Korporatiewe kommunikasie: Hoe om dieselfde praatjie vir verskillende gehore aan te bied

Deur Anja van den Berg Enige korporatiewe kommunikasiedeskundige wat sy of haar sout werd is, moet die kuns om aanbiedings te lewer, vervolmaak. As 'n kommunikasiespesialis moet jy met mense kontak maak op 'n wyse wat inligting deel en gedrag verander. Begrip vir jou gehoor se perspektief is 'n kritieke element om jou te onderskei as 'n uitstekende korporatiewekommunikasie-praktisyn. As jy gevra word om by 'n konferensie of geleentheid te praat, sal jy probleme op die lyf loop as jy elke keer dieselfde toespraak verbatim lewer, waarsku Dorie Clark, lektor, bemarkingstrateeg en professionele spreker. “Jou materiaal sal by sommige gehore
… Lees meer

Dinsdag | 04 September | 2018 POPI-wetgewing en die impak daarvan op bemarking – Wat is my regte?

Deur Tania du Toit Jy is waarskynlik bewus van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA: Protection of Personal Information Act) waarvan die inwerkingstellingsdatum tot nou toe telkens aangepas is. Die instel en afdwing van dié wet word stelselmatig internasionaal geïmplementeer. Vanaf die finale bekragtigingsdatum in Suid-Afrika (telkens deur die Staatspresident uitgestel) sal jy/jou maatskappy presies een jaar grasie geniet om aanpassings (veral betreffende jou maatskappy) te maak, voordat strafmaatreëls vir oortreders afdwingbaar is. En die strawwe is hewig: Boetes tussen R1 miljoen – R10 miljoen of tronkstraf tussen een en 10 jaar, onder meer. Behalwe die ooglopende nuwe
… Lees meer

Vrydag | 31 Augustus | 2018 Hoe bemark ek my besigheid, diens of produk sonder sosiale media?

Deur Tania du Toit Vra  'n jongmens vandag hoe om enige besigheid, diens of produk ten beste te bemark, en sal jy waarskynlik net een antwoord kry: Sosiale media! Tog is laasgenoemde nié almal se ideale oplossing nie. 'n Beduidende komponent van die mark verfoei sosiale media ('n aparte gesprek en baie geldig) of systap dit doelbewus vir professionele gebruik, onder meer, ook oor die toenemende risiko’s om POPI-wetgewing te oortree. Die kommentaar van dr. Cal Newport, skrywer en hoogaangeskrewe professor (rekenaarwetenskap) aan die navorsingsentrum van Georgetown Universiteit en tydgenoot van Mark Zuckerberg, oor die twyfelagtige (en donker!) aard en
… Lees meer