BEL ONS: 012 644 4300

Kunste

Maandag | 13 September | 2021 Sanger hou jou stem gesond

Deur Marli Naidoo 'n Pianis sal nooit op sy klavier se sleutels rondspring, of 'n kitaarspeler sy kitaar buite in die reën laat lê nie. Net so moet 'n sanger sy stem mooi oppas. Gelukkig is die stem nie te moeilik om te versorg nie en deur 'n paar eenvoudige wenke te volg, kan 'n sanger sy instrument in 'n goeie toestand hou. 'n Sanger moet altyd sy stem opwarm voordat hy sing. Moenie jou stem hier ooreis nie. Eenvoudige, sagte opwarmingsoefeninge sal die stemspiere lekker los maak, oortollige slym verwyder en die risiko vir beserings verlaag. Deur te neurie
… Lees meer

Maandag | 23 Augustus | 2021 Beroepe in die rolprentbedryf

Deur Wilma Bedford Die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf is meer as 100 jaar oud en groei by die dag, sedert die eerste rolprent in 1916, De Voortrekkers, vervaardig is. Afrikaanse rolprente oorheers tans  die plaaslike bedryf. Ons filmbedryf geniet ook internasionale aansien en het nie net reeds verskeie toekennings ontvang nie, maar Toorbos is ook Suid-Afrika se amptelike 2021-inskrywing vir die Oscars. Dit is 'n industrie wat jaarliks meer as R5 biljoen tot die staatskoffers bydra. Indien die filmbedryf jou trek, of jy besit kwalifikasies of vaardighede wat jy beter kan aanwend, kan jy na beroepsmoontlikhede binne die filmbedryf kyk, soos om
… Lees meer

Dinsdag | 10 Augustus | 2021 Wanneer skrywersblok jou pootjie

Deur Marli Naidoo Elke skrywer ervaar soms 'n nederlaag in die stryd teen skrywersblok. Harold Brodkey is 'n goeie voorbeeld van 'n skrywer wat heeltemal verslaan was deur die houe wat skrywersblok hom toegedien het. Hy was 'n bekende kortverhaalskrywer vir die New Yorker, wat in die vroeë 1960’s die vrystelling van sy eerste boek aangekondig het. 'n Gedeelte van sy boek was gepubliseer, waarna hy 30 jaar gesukkel het om die werk te voltooi. Die boek, The Runaway Soul, het toe uiteindelik sy verskyning gemaak, net om negatiewe kritiek uit te lok as 'n boek wat nie verwagtinge kon
… Lees meer

Maandag | 02 Augustus | 2021 Vyftig jaar met musiek – Jannie du Toit vier fees

Deur Melodie Veldhuizen Weens omstandighede kon die deurwinterde liedjieskrywer en sanger, Jannie du Toit, nie vroeër vanjaar sy beplande optredes ter viering van 50 jaar van sing en musiek maak ten volle deurvoer nie. Gelukkig is 2021 nog nie verby nie en indien planne nie weer in die wiele gery word nie, kan ons DV uitsien na 'n vol program vanaf einde Augustus tot laat in Desember. Boonop is daar 'n paar ander verrassings in die pyplyn. Vir al hierdie produksies word Jannie gesteun deur kykNET, AfriForum Teater, die ATKV, die FAK en Maroela Media. Kunstefees in die Kleine Die Kunstefees
… Lees meer

Maandag | 12 Julie | 2021 Kookkuns: Kom ek leer jou hoe!

Deur Tania du Toit In vorige besprekings oor kookkuns kom 'n deurlopende goue draad na vore, naamlik dat geen loopbaan rondom kos en verwante nywerhede maklik heeltemal deur 'n swak ekonomie of wisselende marktendense gekelder kan raak nie, aangesien alle mense die een of ander tyd moet eet. Dit is een van die mees basiese funksies. Daarom, selfs al kan daar nie altyd rykdom belowe word nie, is daar ten minste altyd 'n bestaansmoontlikheid wanneer jy ‘n inkomste wil genereer uit iets wat met kosmaak of -vervaardiging te make het. Een van die waarhede wat hierby aansluit, is dat wanneer
… Lees meer

Maandag | 05 Julie | 2021 Kookkuns: Ek wil 'n sjef word

Deur Tania du Toit 'n Kwalifikasie of ondervinding in enige kulinêre rigting kan loopbaansdeure vir jou as 'n werknemer óf as jou eie baas oopmaak. Een van die mees voor die hand liggende keuses in die kulinêre wêreld is om 'n sjef te word. Hoe pak jy dit aan? Gewoonlik moet heelwat spyskaarte deur die tongtippietoets gaan voordat jy jouself uiteindelik 'n sjef kan noem. Maar een ding is seker, daar is geen spesifieke pasmaakmetode om as een te kwalifiseer nie. Wat verder 'n absolute gegewe is, is dat die reis tot om 'n sjef te wees ontelbare ure van
… Lees meer

Maandag | 21 Junie | 2021 Die Woordgilde

Deur Melodie Veldhuizen Jopie Koen, eienaar van die Pierneefteater, bevorder nie slegs die uitvoerende kunste nie.  Sy is  ook 'n woordkunstenaar in eie reg en is een van die stigterslede van Die Woordgilde, ’n digtersgroep vir skrywers en lesers van gedigte vir wie Afrikaans 'n passie is. Na ’n aanloop in 1986 is die gilde in Januarie 1987 gestig, met die doel om vir Afrikaanse digters ’n forum te skep waar hulle gedigte gelees, geskaaf en ontwikkel kan word. Met genade het Die Woordgilde gegroei vanaf ’n informele maandelikse byeenkoms deur ’n handjievol vriende totdat daar in 2020 reeds 85
… Lees meer

Maandag | 24 Mei | 2021 Kunstenaars en uitdagings in die bou van 'n suksesvolle kunsbesigheid

Deur Marli Naidoo Kunstenaars is nie altyd die beste besigheidsmense nie. Nou en dan is daar 'n waarlik rare persoon wat 'n wonderlike kunstenaar en 'n briljante verkoopsman is. Vir die ander kunstenaars is dit 'n reuse-uitdaging om 'n kreatiewe besigheid op te bou. Sommige kunstenaars vind die idee van 'n begroting beperkend. Dit is egter onmoontlik om vas te stel of jy werklik geld maak as jy nie weet hoeveel jy aan jou besigheid bestee en hoeveel jou kuns inbring nie. Jou begroting moet alle uitgawes en inkomste volledig aangee. Wanneer jy finansieel 'n goeie  maand gehad het, sal
… Lees meer

Maandag | 24 Mei | 2021 ‘Afrikaanse kunste sal nooit tot niet gaan nie’

Deur dr. Eugene Brink Daar was maar min gebeure in die onlangse geskiedenis wat soveel angs en neerslagtigheid veroorsaak het as Covid-19. Die natuurlike teengif daarvoor is dus om meer te lag en nog meer, om te lag vir iets wat opgevoer word. Carien Bloem, bestuurder van die nuwe AfriForum Teater in Pretoria se Menlopark, sê Afrikaanse gehore is juis op soek na komedie terwyl ligte en klassieke musiek ook baie goed doen. “Mense het 'n behoefte om te lag en te ontspan. Dit het definitief meer verander – veral ná 'n neerdrukkende 2020 met Covid-19.” Hoe lyk die gehore
… Lees meer

Maandag | 26 April | 2021 Wanneer is 'n kunstenaar professioneel?

Deur Tania du Toit Kunstenaars se professionele status is iets wat nie maklik gedefinieer kan word nie. Onder sogenaamde professionele kunstenaars sélf is daar nie eenstemmigheid hieroor nie en, soos kunswerke of kunsvoorstellings nooit eenvormig uitgevoer sal kan word nie, sal ook die konsep “professionele kunstenaar” noodwendig 'n vloeibare begrip bly. Die vraag oor professionele status is sekerlik ook tydens die onlangse grendelstaattydperk, met sy handrem op die ekonomie, deur heelwat kunstenaars afgevra en oorweeg, veral wanneer 'n regering moet besluit wie vir finansiële hulp kwalifiseer vanweë enige sistemiese werkverlies. Die meeste kunstenaars droom natuurlik self ook oor die dag
… Lees meer