BEL ONS: 012 644 4300

Lugvaart Artikel

Woensdag | 20 Februarie | 2019 Vliegverbod kan tot groot afleggings by CemAir lei

Die vakbond Solidariteit het in ʼn skrywe aan Poppy Khoza, direkteur van Burgerlugvaart, sy kommer uitgespreek oor die huidige vliegverbod op CemAir, asook afleggings wat moontlik gaan volg. Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het die vakbond ʼn kennisgewing ontvang dat die lugredery moontlik sy werksmag met ongeveer 200 werknemers gaan verminder. “Die vliegverbod het nie net ʼn enorme impak op die ekonomie en die volhoubaarheid van CemAir as lugredery nie, maar het ook ʼn verwoestende effek op elke werknemer en hul gesinne,” het Botha gesê. Botha sê dat Solidariteit tans met CemAir konsulteer om meer duidelikheid oor die vliegverbod
… Lees meer

Vrydag | 16 November | 2018 SACAA ERD

Dear Member     The SACAA ERD department held a Part 121 & 135 workgroup on Monday regarding ALPA – SA FTL Regulation proposal.   Industry was represented by all parts, whiles Organised Labour was represented by Solidarity and ALPA.   After some robust discussion on the proposal, the AASA’s ( The Airlines Association of Southern Africa) counter proposal and the Moebus Aviation (Switzerland) “Scientific and Medical Evaluation of Flight Time Limitations” report, the following Resolutions were taken.   There is not enough Scientific data in the South African context to advocate for changes to the current SACAA Regulations, thus:
… Lees meer

Woensdag | 10 Oktober | 2018 Is Suid-Afrikaanse lugvaartondervinding en/of -kwalifikasies internasionaal in aanvraag of van waarde?

Deur Tania du Toit Enige lugvaartondervinding en/of -kwalifikasies wat jy in Suid-Afrika opdoen of behaal, behoort jou CV internasionaal ook aanvaarbaar te maak indien jy seker maak dat jy jou plaaslike opleiding by geakkrediteerde en gerespekteerde instansies verkry en indien jy alle professionele riglyne om indiensneembaar te bly (byvoorbeeld die byhou van vliegure, die slaag van mediese ondersoeke of die hersiening van lisensies) getrou nakom. Lugvaart en enige spesifieke werk wat daarmee te make het, impliseer ononderhandelbare veiligheid, uitmuntendheid en die hoogste standaarde, en laasgenoemde bly wêreldwyd dieselfde. Indien jy boonop as 'n vlieënier van enigeen van die bekende Suid-Afrikaanse
… Lees meer

Dinsdag | 04 September | 2018 Watter mediese toestande vir passasiers vereis ekstra aandag tydens 'n vlug óf diskwalifiseer vlieg as reiskeuse?

Deur Tania du Toit Die lys mediese toestande wat nie met vlieg akkordeer nie, is ellelank en kan nooit volledig wees nie. Die beduidende koste van vliegkaartjies in aggenome, moet jy dalk doodseker maak jy betaal nie vir 'n reis waartydens jy by die vliegtuigdeur weggekeer sal word nie. Dis 'n ander saak indien jy tydens 'n vlug siek word, maar moenie willens en wetens jouself blootstel aan verlies en selfs vernedering nie, óf jou medepassasiers se gesondheid benadeel, indien jy weet van jou bestaande mediese toestand waarvoor vlieg as reiskeuse uitgeskakel word nie. Indien jy beplan om jou toestand
… Lees meer

Dinsdag | 04 September | 2018 Mediese noodgevalle en sterftes tydens 'n vlug (passasiers én bemanning): Wat behels opleiding hiervoor?

Deur Tania du Toit 'n Vlieënier, bygestaan deur sy medevlieënier, beskik oor die volle verantwoordelikheid vir 'n vliegtuig, die vlug self, asook vir elke passasier, die bemanning ingesluit. Tegnies sluit dit ook mediese noodgevalle en sterftes aan boord in, maar logies is die vlieënier/s se hande, ore en oë in die geval wanneer mediese bystand benodig word, in die bemanning se bekwaamheid gesetel. Die hoof van die bemanning is daarom letterlik die vlieënier/s se klaskaptein, veral betreffende mediese sake. Dit is noodsaaklik dat bemanningslede van alle groot, amptelike lugrederye mediese noodgevalle en risiko’s kan bestuur. Gemiddeld kom een sterfte per
… Lees meer

Vrydag | 31 Augustus | 2018 Watter tipe werksmoontlikhede bestaan indien ek die lugvaart verlaat?

Deur Tania du Toit Enige verandering in 'n spesialiswerkrigting genereer spesifieke vrae oor watter nuwe rigting jy daarná behoort in te slaan. Jou rede vir koersverandering is eerstens van belang. Gestel jy is 'n vlieënier en jou hele lewe draai om vlieg, maar 'n nuutverworwe mediese toestand kelder jou vliegdrome, sal jou toekomsoorwegings en -moontlikhede totaal anders daar uitsien as dié van iemand wat weens 'n ander rede glad nie meer in die lugvaart wil werk nie. Binne die totale versameling werksmoontlikhede in die lugvaartbedryf is daar 'n magdom loopbane waarheen of waarvandaan jy kan migreer, indien jy slegs 'n
… Lees meer

Woensdag | 22 Augustus | 2018 Wil jy vlieg? Dan moet jy dít hê en doen

Deur Dr. Eugene Brink Dit is ongetwyfeld so dat om ’n vlieënier te wees, opwindende maar ook vermoeiende, gevaarlike en harde werk is. Om regdeur jou loopbaan met baie klein foutspelings te kampe te hê en vir duisende mense se veiligheid verantwoordelik te wees, is nie iets waarvoor almal opgewasse is nie. Jy moet emosioneel, geestelik, intellektueel en natuurlik ook fisiek gehard en fiks wees. Welke eienskappe moet vlieëniers dus oor beskik om suksesvol te kan wees? Solidariteit Wêreld het juis hieroor met Frik Vorster, ’n Suid-Afrikaner wat al vir meer as twee dekades internasionale roetes vlieg en nou by
… Lees meer

Dinsdag | 14 Augustus | 2018 Vroue in die lugvaartbedryf

Deur Melodie Veldhuizen Aanvaar jy dit as vanselfsprekend dat elke vrou in uniform wat jy op ’n vliegtuig sien, ’n lugwaardin is?  Of dat die vlieënier altyd ’n man is?  Moenie ’n fout maak nie – daar is heelwat vroue-vlieëniers wat hul man agter die kontroles kan staan. Tiana la Grange het haar opleiding in Suid-Afrika ondergaan en vir ’n paar jaar ook hier gewerk. Sy en haar eggenoot, ook ’n vlieënier, woon en werk die afgelope vier jaar in Australië. Sy is ’n opgeleide kommersiële vlieënier en werk as vlieginstrukteur en opleidingsbestuurder. Tiana se pa is in die lugvaartbedryf,
… Lees meer

Woensdag | 25 Julie | 2018 Hoe beïnvloed swangerskap, kraamverlof en ouerskap vroue se lugvaartberoepskeuses?

Deur Tania du Toit Daar is geen institusionele beperkings meer op enige loopbaankeuse vir vroue in die lugvaart nie. Ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bied alle lugvaartberoepe boonop gesonde kraamvoordele vir alle vrouewerknemers, en sedert Junie2018 bied Suid-Afrikaanse wetgewing dié voordeel ook  aan mans en aanneemouers  wat daarvan gebruik wil maak. Die enigste ingryping in die professionele uitvoering van 'n vrou se pligte in 'n lugvaartberoep, anders as in die geval van 'n man, sal soos in enige ander beroep wees wanneer sy swanger word. Die manier waarop enige vrou haar swangerskap én kraamverlof bestuur, is uniek met betrekking
… Lees meer

Woensdag | 18 Julie | 2018 Is geld steeds 'n glasplafon of geslagsvoorkeur rakende vroue?

Deur Tania du Toit Die lugvaartwerkspektrum strek besonder wyd, met die eerste beroep waaraan mens uiteraard dink dié van vlieënier. Die groot verskeidenheid lugvaartberoepe sluit onder meer in grondpersoneel, tegnici, ingenieurs, bestuurslui en vlieëniers. Hoe lyk die situasie vir vroue? Voorheen was die loopbaankanse vir vroue in die lugvaart uiters skraal, met die meeste van hierdie beroepe geslote en/of taboe. Vroue was feitlik uitsluitlik die lug- of grondwaardinne of is in sekretariële of administratiewe poste aangestel. Die vliegdomein was onbetwisbaar die manne s’n. Die hedendaagse professionele vroue in die lugvaart verwys steeds na 'n tipiese “boys club”-mentaliteit, en ook na
… Lees meer