BEL ONS: 012 644 4300

Onderwys Artikel

Vrydag | 17 Julie | 2020 Die belangrikheid van mentorskap in die werkplek

Deur Nico Strydom Talle maatskappye het formele mentorskapstelsels om te verseker dat kennis en vaardighede oorgedra word en om talent te identifiseer en te ontwikkel. Mentorskapprogramme dien nie net as instrumente vir ontwikkeling nie maar is ook uiters koste-effektiewe opsies wat talle voordele vir 'n maatskappy inhou aangesien die hulpbronne reeds daar is. Navorsing het bevind dat mentorskap werktevredenheid en professionele en persoonlike ontwikkeling tot gevolg het vir sowel die persoon wat mentor as die persoon wat aan die ontvangkant is. Werknemers is ook meer geneig om by hul werkplek te bly indien hulle voel hulle kry hulp en dat
… Lees meer

Woensdag | 21 November | 2018 Impak van onderwysers op leerlinge se lewens

Deur Marli Naidoo 'n Uitstekende onderwyser kan 'n kind se lewe verander.  Synde van die invloedrykste rolmodelle vir ontwikkelende leerlinge, is hulle vir baie meer as akademiese verryking verantwoordelik. 'n Goeie onderwyser vorm hegte bande met sy leerlinge, en kan sodoende 'n positiewe impak op die leerling se lewe binne en buite die klaskamer hê. Belangrike lewenslesse kan dan geleer word, wat kinders se sukses na skool kan bepaal. Die onderwyser het 'n lewenslange impak. Daar is gevind dat positiewe leerling-onderwyserverhoudings die persentasie van kinders wat nie skool klaarmaak nie tot 50% verlaag. Kinders word akademies en sosiaal ondersteun, en
… Lees meer

Woensdag | 17 Oktober | 2018 Ander spesialis- en/of loopbaangerigte skole in Suid-Afrika, naas kuns- en lugvaartskole

Deur Tania du Toit Skole wat meer op sekere vakgebiede fokus as die “gewone” hoofstroomskole, is al lank in ons midde, byvoorbeeld handelskole, landbouskole, ambag- en/of tegniese skole. Vir 'n paar dekades reeds is daar ook kunsteskole op sekondêre skoolvlak (Pro Arte, Drakensberg Seunskoor-skool) en met verloop van tyd het sogenaamde “sportakademies” deel van die skoolkeusespektrum geword, soos by Universiteit Pretoria. Eintlik is die tendens van beroepsgerigte skole, benewens sogenaamde “gewone” akademiese skole, niks nuut nie. In die meeste Europese lande (Duitsland, Nederland, Swede, België) en nog ander lande bestaan beroepsgerigte skoling as 'n gevestigde alternatief of opsie vir skoolopleiding,
… Lees meer

Maandag | 15 Oktober | 2018 Watter moontlikhede bring die nuwe Suid-Afrikaanse lugvaart- en ander SOS-skole vir onderwysers?

Deur Tania du Toit Opwindende moontlikhede wag op toekomstige onderwysers van die nuwe SOS-skole (schools of specialisation) wat sedert 2015 vinnig in Gauteng geopen is of uit ou skole omskep word. Die ywer waarmee dié nuwe Gauteng-inisiatief deur die departement van onderwys bemark en gepropageer word, is aansteeklik. Wie sal tipiese onderwysers hier kan wees, veral wanneer in ag geneem word dat hierdie tegniese en loopbaangerigte skoolopleiding 'n nuwe groep leerders vir spesifieke arbeidsmarksektore wil voorberei? Die Gautengse LUR, Panyaza Lesufi, het onomwonde in persverklarings bevestig dat suiwer wiskunde en wetenskap (geen wiskundige geletterdheid nie), asook ten minste Engels as
… Lees meer

Woensdag | 10 Oktober | 2018 Ekstra klasse (privaat en by skole) in feitlik alle skoolvakke het bykans die norm geword

Deur Tania du Toit Dis opvallend op skoolwebblaaie hoe daar feitlik deurgaans prominente melding gemaak word van die waarde van ekstra klasse (alle vakke) na skool of oor naweke. 'n Paar dekades gelede sou mens vra wat gebeur dan tydens klastyd? Steunklasse was nie so algemeen en amper 'n norm nie. In woonbuurte pryk ekstraklas-advertensieborde op net soveel tuisbesigheidsmure as gewone sakeadvertensieborde. Internetsoektogte na ekstra klasse of tutorbystand ondersteun die afleiding dat daar 'n behoefte aan en aanbod van ekstra klasse bestaan. Die ekonomiese druk en die feit dat skoolkoste 'n massiewe hap uit huishoudelike begrotings vat, laat mens wonder
… Lees meer

Maandag | 08 Oktober | 2018 Onderwys: Is “tuisskool” steeds 'n vloekwoord in Suid-Afrika?

Deur Tania du Toit Sedert tuisskoling van jou eie kinders vanaf 1996 reeds wettig in Suid-Afrika gedoen mag word, bly die onderwerp kontroversieel. Waarom dan? Ouers was deur die eeue heen hulle eie kinders se primêre versorgers en onderrigters totdat hulle (dalk) later sou skoolgaan. In 'n maatskaplike bestel waarin vryhede, regte en aanspraak op demokrasie toeneem en voorop staan, behoort hierdie debat al vergete te wees. Maar hoe staan dié saak tans in Suid-Afrika? Tuisskolende ouers se ekwilibrium is einde 2017 omgedop met die voorgestelde wysigings aan die wetsontwerp (van 1996) vir basiese onderwys. Dit hou onheilspellende bepalings voor
… Lees meer

Donderdag | 04 Oktober | 2018 Onderwys as beroep: Ja of nee?

Deur Nico Strydom Daar is dikwels negatiewe publisiteit rondom onderwys en dit kan jong mense afskrik om onderwys as beroep te oorweeg. Die beroep word nie altyd as 'n aantreklike beroepskeuse beskou nie weens onder andere dissiplineprobleme en 'n klein salaris. Daar word algemeen erken dat Suid-Afrika 'n ernstige tekort aan paslik gekwalifiseerde en bekwame onderwysers het. Volgens navorsing sal die aantal leerderinskrywings van 12,3 miljoen in 2013 tot 13,4 miljoen in 2023 styg. Om by te hou hiermee sal die aantal onderwysers van 426 000 in 2013 tot 456 000 in 2025 moet styg. Daar is ook kommer oor die tekort
… Lees meer

Dinsdag | 11 September | 2018 Bewerkstellig samewerking tussen onderwysers en ouers

Deur Marli Naidoo Die skool se beste bondgenoot in die taak om die leerder se ingebore drang om te leer te koester, is die ouer. Dit is egter nie net die ouers se taak om betrokke te raak nie, maar ook die skool se taak om ouers nader te trek en welkom te laat voel in hulle kinders se opvoeding binne die klaskamer. Met samewerking tussen onderwysers en ouers staan jou kind die beste kans om 'n gelukkige en suksesvolle skoolloopbaan te hê. Kommunikasie is die sleutel tot hierdie verhouding. Algemene nuusbriewe en gedrukte kalenders is belangrik, maar direkte kommunikasie
… Lees meer

Dinsdag | 11 September | 2018 Wat onderwysers graag wil hê ouers moet weet

Deur Marli Naidoo Ons kinders spandeer groot dele van hulle dae saam met hulle onderwysers by die skool, en die res van hulle tyd met hulle gesin.  Die ouers en onderwysers het egter nie altyd die tyd om by mekaar uit te kom nie. Wanneer daar wel vergader word, is dit rondom die belange van die kind, en die redes waarom 'n vergadering nodig mag wees. Daar is egter soveel dinge wat onderwysers graag wil hê ouers van bewus moet wees. Jou kind se onderwyser gee om vir elke kind in sy/haar klas, en kan dus nie al sy/haar aandag
… Lees meer

Dinsdag | 04 September | 2018 Kan jy amptelik doseer/klasgee sonder 'n (nagraadse) onderwysdiploma, -graad of -kwalifikasie?

Deur Tania du Toit 'n Spesifieke “stel” kwalifikasies of spesifikasies word vereis vir onderwysers wat 'n permanente aanstelling met 'n volledige salarispakket by amptelike staat- of ander geakkrediteerde skole verlang. Die normale roete is gewoonlik 'n vierjaar B.Ed.-universiteitsgraad, of dalk 'n B.Tech. (onderwys)-graad aan 'n technikon of tegniese universiteit. Daar is ook diegene wat 'n graad in een of ander vak- of spesialisrigting behaal (byvoorbeeld B.Com.) en dit dan aanvul met 'n nagraadse sertifikaat/diploma/graad in onderwys, by enige geakkrediteerde instelling soos UNISA. Natuurlik is daar ook onderwysersdiplomas aan kolleges. Afgestudeerde voornemende onderwysers moet amptelik by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders registreer
… Lees meer