BEL ONS: 012 644 4300

Verpleegkunde

Vrydag | 22 November | 2019 Verpleging in ‘n kosmopolitaanse land – werk so saam

Deur Luisa van der Linde Inleiding Die bekende verpleegster Florence Nightingale het gesê: “Die heel eerste vereiste in ‘n hospitaal is dat dit die sieke geen skade moet aandoen nie”. In die praktyk is dit soms makliker gesê as gedaan. As verpleegster lê jy ‘n eed af om alle mense gelyk te behandel. Daar is in gesondheidsorg geen plek vir haat, woede of stereotipes nie. Menseverhoudinge is egter ingewikkeld en gevoelens staan soms in die plek van kommunikasie. In ‘n land soos Suid-Afrika met verskeie tale, kulture, identiteitsverskille en uiteenlopende agtergronde is die teelaarde vir misverstande baie groot. Esther Smit
… Lees meer

Vrydag | 20 September | 2019 Verpleegsters: Jy en jou pasiënt

Deur Luisa van der Linde Die eerste dag wat jy by die verpleegkollege ingestap het, was die prentjie van verpleegster-wees dalk een van pille en brille aandra. Namate opleiding vorder kom verpleegsters egter gou agter dat die beroep veel meer verg as net mediese sorg. ’n Groot deel van pasiënte se versorging bestaan ook uit goeie menseverhoudinge. Esther Smit, programdirekteur van Thuto Bophelo verpleegakademie, sê sy het by ’n goeie mentor geleer dat jy nie werk vir respek nie, jy ontvang dit. “Soms moet jy dieper na die psige van die pasiënt gaan kyk om te verstaan hoekom hulle op
… Lees meer

Woensdag | 18 September | 2019 Verpleegkundige eienskappe: Vaardighede wat van jou ’n goeie verpleegkundige maak.

  Verpleegkunde is ’n beroep vir mense met passie en ’n wil om ander te help en diensbaar te wees. Goeie verpleegkundiges is baie vaardig in die volgende:   Kommunikasievaardighede ’n Goeie verpleegkundige het uitstekende kommunikasievaardighede. Dit is van kardinale belang dat jy as verpleegkundige nie net goed met ander kan kommunikeer nie, maar ook behoorlik kan luister omdat dit help met probleemoplossing. Emosionele stabiliteit Verpleegkunde is ’n stresvolle werk en dikwels baie traumaties wanneer mens met dood, ongeluk of aaklige kwessies gekonfronteer word. ’n Goeie verpleegkundige het die vermoë om aan te pas by enige omstandighede wat hulle in
… Lees meer

Maandag | 26 Augustus | 2019 Waarnemings vanuit 'n pediatriese intensiewesorgeenheid (“PICU”)

Ons waardeer julle onbeskryflik baie, al sê ons dit nie. Julle is in beheer van ons kosbaarste besittings, en ons nie. Ons is angstig, bang, emosioneel. Laai hier die wenke af van ouers wat verpleegsters moet weet.

Vrydag | 17 Mei | 2019 Uitdagings vir verpleegsters in SA is steeds té groot

Deur Mia Slabbert Hulle neem die rol van ma en versorger in. Hulle is die hulpverleners in die hospitaal wat jou rug vryf en jou bystaan in tye wanneer jy nie noodwendig vir jouself kan sorg nie. Verpleegkundiges is die hart wat deur hospitale en klinieke se gange klop. Dit is ook die beroep wat Magda de Ruyter al vir die afgelope 28 jaar lank elke oggend kies. Magda werk al sedert 1991 as verpleegkundige in Suid-Afrika. Sy werk in die teater en verduidelik altyd vir mense haar rol met ‘n bietjie humor: “Ek is daardie persoon wat die skalpel
… Lees meer

Donderdag | 16 Mei | 2019 Solidariteit kondig aksieplan aan vir verpleegkrisis in SA

Deur Mia Slabbert Verpleegkunde as beroep is in die intensiewe sorgeenheid en indien daar nie dringend ingegryp word en oplossings gevind word vir die enorme tekort aan verpleegpersoneel nie, staar Suid-Afrika 'n moontlike nasionale gesondheidskrisis in die oё. Só het die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns vandag tydens 'n mediakonferensie gesê. “Een van die grootste uitdagings in die verpleegbedryf in Suid-Afrika is die tekort aan verpleegpersoneel. Daar is alreeds in 2010 'n tekort van meer as 44 700 verpleegpersoneel aangeteken,” het Hennie Bierman, hoof van Solidariteit Beroepsgildes gesê. Bierman meen die verpleegkundeberoep het oor die afgelope 10 jaar onder meer deur
… Lees meer

Vrydag | 03 Mei | 2019 Skokkende statistieke oor verpleegsters se swak werkomstandighede

Daar is tans vele uitdagings en probleme wat die verpleegprofessie in die gesig staar. Verpleegkundiges in Suid-Afrika gaan gebuk onder onveilige werkomstandighede, uitbranding en gebrekkige hulpbronne in die werkplek. Suid-Afrika het altesaam 3 816 openbare gesondheidsorginstellings. Die Office of Health Standards Compliance (OHSC) het vir die tydperk 2016-2017 inspeksies by 969 (25%) gesondheidsorginstansies regoor SA gedoen om te bepaal of hulle aan basiese gesondheidstandaarde voldoen. Die resultate van slegs 852 instansies is weergegee (rede onbekend). Slegs sewe (1%) van die instansies het met 'n telling van bo 80% aan gesondheidstandaarde voldoen. 32 (4%) instansies het aan gesondheidstandaarde voldoen met 'n
… Lees meer

Donderdag | 25 April | 2019 Verpleegkunde – Die gaping raak te groot vir die toekoms

Deur Reon Janse van Rensburg Die voorsiening van goeie gesondheidsorgdienste is grootliks afhanklik van die arbeidsmag in die gesondheidsektor ten opsigte van getalle, die kwaliteit van vaardighede waaroor die werkers beskik, hoe en waar hulle werksaam is, asook hoe mediese dienste, toerusting en personeel bestuur en ontplooi word.  Studente – die toekoms Een van die grootste uitdagings in die verpleegbedryf in Suid-Afrika is die tekort aan verpleegpersoneel. Volgens die Departement van Gesondheid was daar  reeds in 2010  'n tekort van meer as 44 700 verpleegpersoneel in Suid-Afrika, en in 2016 was daar 'n tekort van 44 780 professionele verpleegkundiges terwyl slegs 3
… Lees meer

Donderdag | 18 Oktober | 2018 Hoe om gesond te bly as 'n verpleegkundige

Deur Marli Naidoo Verpleegpersoneel sien daagliks na die belange van ander om, werk onder hoë druk, en word aan kieme blootgestel. Met hierdie faktore in werking kan dit moeilik wees om gesond te bly. Dit sluit fisiese en geestesgesondheid en gesonde eetgewoontes in. Wat kan verpleegkundiges doen om op alle vlakke sterk en gebalanseerd te bly? Oefen gereeld. Dit kan moeilik wees om lang skofte te werk, na jou gesin om te sien, en nog tyd in te ruim vir oefening. Dit is egter noodsaaklik om dit sommer hoog op jou prioriteitslys te plaas, sodat jy sterk en fiks kan
… Lees meer

Dinsdag | 02 Oktober | 2018 Verpleegkunde as 'n loopbaan vir mans

Deur Melodie Veldhuizen In 1974 het Sybrand de Beer die eerste manlike matrone in Suid-Afrika geword.  In sy boek ‘Hulle noem my matrone’ wat in 2016 gepubliseer is, vertel hy van sy loopbaan as verpleër. Hy het in die vyftigerjare op die ouderdom van 17 jaar gedurende skoolvakansies in die Johannesburgse Algemene Hospitaal begin werk. Omdat algemeen aanvaar is dat verpleegkunde oorwegend 'n beroep vir vroue was, het mense hulle wenkbroue gelig oor manlike verpleërs. Ondanks al die uitdagings wat hy in die gesig moes staar, het Sybrand grense verskuif en die weg gebaan vir jongmanne wat ’n loopbaan in verpleegkunde
… Lees meer