Die kommunikasiebedryf is 'n energieke, innoverende en omvattende omgewing wat 'n wye spektrum dek. Dit word van persone in die bedryf verwag om lewenslange leerders te wees en deur hul vaardighede meesterskap in hulle veld te bereik. Werkspraktyke verander vinnig, en dit raak al hoe moeiliker vir kommunikasiepraktisyns om op hoogte van nuwe tendense te bly. Die behoefte van persone wat kommunikasieverwante take moet verrig, word al hoe groter om te netwerk, kennis te deel, en by deskundiges te leer.
Die Gilde vir Kommunikasie en bemarking is daar om jou te help ontwikkel en met kennis toe te rus om jou daaglikse take professioneel en eties aan te pak. Ons tree ook namens die beroep op deur verhoudinge met ander instellings en organisasies wat ‘n invloed op die beroep kan uitoefen, te bou.
Wie kan by die Gilde aansluit?

Studente wat tans besig is met studie in Kommunikasiekunde, Bemarking en Joernalistiek.
Besoek Solidariteit Jeug ►
Enige persoon wat 'n belangstelling het en meer wil leer oor Kommunikasiekunde.
Persone werksaam in die volgende spesialisvelde:
- Bemarking
- Joernalistiek
- Grafiese ontwerp
- Videografie
- Fotografie
- Openbare betrekkinge
- Kommunikasiebestuur
- Sosiale media
- Funksiekoördineerders
- Redakteurs
- Inhoudbestuurders
- Digitale kommunikasie
- Reputasiebestuurders
- Verhoudingsbestuur
- Kopieskrywers
- Banketbestuurders
- Konferensiekoördineerders
- Mediaskakelbeamptes
- Woordvoerders
Hierdie Gilde sluit ook alle persone in wat nie tradisioneel deel van 'n kommunikasiespan vorm nie.
Om aan te sluit kliek hier
Hulle is mense wat hulself wil ontwikkel en nie bang is om nuwe dinge te leer nie. Gildelede wil nie net hulself met kennis bemagtig nie, maar wil ook verantwoordelikheid neem vir die volgende geslag. Hierdie verantwoordelikheid word oorgedra deur kennis te deel, deur mentorskapprogramme, en die bied van internskappe en werkskepping.
As gildelid is jy deel van Solidariteit, en kwalifiseer jy dus vir alle vakbondvoordele wat ons bied.
*Bepalings en voorwaardes geld
Bykomende voordele wat kommunikasiepraktisyns binne die Gilde geniet:
- Artikels
- Opleiding
- Fokusgroepe
- Deelname aan gesprekke op kommunikasieplatforms soos LinkedIn en Facebook
Regulasies & Owerhede
Skeppende idees
Webblad skakels

Die Beroepsgilde vir Kommunikasiepraktisyns kap die regering oor die nuwe voorgestelde regulasies vir die sogenaamde internetsensuurwet. Die beroepsgilde voer aan dat hierdie wetgewing nie net inbraak op Suid-Afrikaners se reg tot vryheid van spraak maak nie, maar dat dit die hele kommunikasiesektor wil sensor.
#SêJouSê
Gildelede kwalifiseer vir tot 40% afslag op alle programme wat deur S-Leer aangebied word. Gaan loer gerus in die S-leer winkel by www.s-leer.co.za
Akademia Studeer BA Kommunikasie en Joernalistiek by Akademia. Die graad word op ‘n voltydse kontakmodel in Centurion aangebied. Vir meer inligting besoek www.akademia.ac.za

Gonsfees 2020
Aandag alle kommunikasiepraktisyns, bemarkers, joernaliste, skakelbeamptes, ontwerpers en enige iemand in ’n kreatiewe beroep: Besprekings vir die Gonsfees van 2020 is nou oop!

Gonsfees 2019
Die #Gonsfees is 'n heerlike netwerkgeleentheid en skep die kans vir kommunikasiepraktisyns om by die beste te leer!
Solidariteit se mentorskapblad is hier as hulpmiddel vir jou. Mentorskappe is daar om leiding en advies te bied en Solidariteit glo vas in die waarde van leiding wat sy mense vir mekaar kan bied. Hier by Solidariteit poog ons om gedurig voor die golf van ontwikkeling te wees en daarom het ons hierdie blad gestig. Indien jy ’n leerling is en graag deur ’n mentor gelei wil word kan jy hier met verskeie mentors in jou spesifieke beroepsrigting in kontak kom. Jy kan egter ook as mentor optree vir ander in jou beroep. Besoek gerus die mentorskapblad en begin jou reis as mentor of leerling. Klik hier.
