BEL ONS: 012 644 4300
SOLIDARITEIT BEROEPSGILDE VIR DIE KUNSTE Die Beroepsgilde vir die Kunste is 'n beroepsgemeenskap vir alle persone werksaam in die kunste- en vermaaklikheidsbedryf.

Die gilde wil graag die behoud van Afrikaanse kuns en kultuur bevorder, mense aanmoedig om hul kreatiewe beroepe sonder vrees te beoefen, en 'n bydrae lewer tot die behoud van 'n groter gemeenskap wat trots is op die Afrikaanse geskiedenis, kultuur en kunste.

Binne hierdie beroepsgemeenskap glo ons in die krag van mekáár, en dat elkeen wat wil werk, moet kan werk. Ons is trotse mense wat saamstaan en saamdoen. Daarom tree die Solidariteit Beroepsgilde vir die Kunste op as waghond vir die professie, nie net in belang van die kunste en vermaak nie, maar namens elke individu werksaam in die bedryf.

Word vandag nog deel van jou unieke beroepsgilde.
vakbondvoordele Gildelede vorm deel van 'n netwerk van werk, wat tot voordeel van individue asook die beroep is.

Gildelede wil hulself ontwikkel en is nie bang om nuwe dinge te leer nie. Hulle wil nie net hulself met kennis bemagtig nie, maar hulle wil ook verantwoordelikheid neem vir die volgende geslag. Hierdie verantwoordelikheid word oorgedra deur die deel van kennis, mentorskapprogramme, die bied van internskappe en werkskepping.

As gildelid is jy deel van Solidariteit en kwalifiseer jy dus vir alle vakbondvoordele wat ons bied.



BYKOMENDE VOORDELE
  • Afslag by S-leer, 'n geregistreerde opleidingsinstelling, vir VPO-punte en persoonlike ontwikkelingsprogramme. Verskeie opleidingsprogramme brei vaardighede in verskeie spesialisgebiede in die beroep uit.
  • Die geleentheid om as mentor op te tree: Klik hier vir meer inligting.
  • Netwerkgeleenthede
17 Oktober 2019
Die Beroepsgilde vir die Kunste het gisteraand tydens die Aitsa-musiektoekkennings sy eerste eretoekennings aan baanbrekers in die kunste oorhandig. Die gesogte eretoekennings fokus op die...

Lees meer >

2 April 2019
Deur Anja van den Berg Die kern van openbare betrekkinge en besigheidskommunikasie is om vertroue by alle belanghebbendes op te bou. Hierdie komende jaar sal...

Lees meer >

27 Maart 2019
Deur Mia Slabbert Die nuus is uit – jy as Jan Publiek is en sal altyd die hoofborg van die aller gewilde Afrikaans is Groot-musiekkonsert...

Lees meer >

1 Februarie 2019
Solidariteit het vandag 'n reuse-oorwinning in die Noord-Gautengse hooggeregshof behaal nadat dié hof vandag bevind het dat die bekende sportkommentator Pieter van den Berg, wat...

Lees meer >

8 November 2018
Ilze Nieuwoudt  Sy het al behoorlik volksbesit geword – die skamerige Levinia Heks, oftewel Liewe Heksie wat met haar groottoon in die grond wikkel wanneer...

Lees meer >



Die Beroepsgilde vir Kommunikasiepraktisyns kap die regering oor die nuwe voorgestelde regulasies vir die sogenaamde internetsensuurwet. Die beroepsgilde voer aan dat hierdie wetgewing nie net inbraak op Suid-Afrikaners se reg tot vryheid van spraak maak nie, maar dat dit die hele kommunikasiesektor wil sensor.

#SêJouSê

Internetsensuurwet | Kunste
Kontak Ons | Kantoorpraktisyns
SKAKEL ONS: | CALL US:
Dienssentrum:
0861 25 24 23
MENTORSKAP

Solidariteit se mentorskapblad is hier as hulpmiddel vir jou. Mentorskappe is daar om leiding en advies te bied en Solidariteit glo vas in die waarde van leiding wat sy mense vir mekaar kan bied. Hier by Solidariteit poog ons om gedurig voor die golf van ontwikkeling te wees en daarom het ons hierdie blad gestig. Indien jy ’n leerling is en graag deur ’n mentor gelei wil word kan jy hier met verskeie mentors in jou spesifieke beroepsrigting in kontak kom. Jy kan egter ook as mentor optree vir ander in jou beroep. Besoek gerus die mentorskapblad en begin jou reis as mentor of leerling. Klik hier.

BEROEPGILDES-NUUS
19 Oktober 2021
Deur Nico Strydom Verpleegsters se kommunikasievaardighede is van uiterste belang vir die veiligheid van pasiënte sowel as kwaliteithospitaalsorg. Verpleegsters kommunikeer op 'n daaglikse basis met...

Lees meer >

18 Oktober 2021
Deur Emsie Martin Die mishandeling van bejaardes is 'n werklikheid. Dit gebeur in hul eie huise of terwyl hulle bly by familie en in fasiliteite...

Lees meer >

18 Oktober 2021
Deur Nico Strydom Die afgelope 18 maande se ontwrigting in die onderwyssektor weens die Covid-19-pandemie en gevolglike inperkings, het stres en angs veroorsaak nie net...

Lees meer >

18 Oktober 2021
Deur dr. Eugene Brink Kunsmatige intelligensie transformeer groot segmente van die ekonomie en sal dit in die toekoms bly doen. Dit is net logies en...

Lees meer >