Voltooi die volgende vorm om binne een minuut by die vakbond Solidariteit aan te sluit.
Solidariteit-lidmaatskap kos R156 per maand. Lees hier meer oor die voordele van lidmaatskap.
Vir navrae, stuur ‘n e-pos aan diens@solidariteit.co.za

Maatskaplike werk kan ‘n ondankbare beroep wees waar jy gewoonlik die eerste een is wat gekritiseer word en die laaste een is wat erkenning ontvang. Jy vermag wondere in ‘n politiekgedrewe, ekonomies uitdagende omgewing waar nie almal gehelp wíl word nie.
Solidariteit se Maatskaplikewerkersnetwerk verstaan jou uitdagings en het unieke voordele en opleidingsgeleenthede spesiaal vir jou ontwikkel waarmee ons jou daaglikse uitdagings meer draaglik wil maak.
Ons bied aan maatskaplike werkers ‘n loopbaantuiste.
Maak jou ideale toekoms ‘n werklikheid saam met Solidariteit, jou beroepsvennoot
Solidariteit se Maatskaplikewerkersnetwerk erken dat maatskaplike werkers passievol is oor hul beroep. Hulle wil ‘n verskil in mense se lewens maak. Vir maatskaplike werkers is erkenning min, terwyl daar baie emosionele trauma is, maar dit is ‘n roeping, en die vlam van jou roeping kan nie geblus word nie.
As netwerklid is jy deel van Solidariteit, en kwalifiseer jy dus vir alle vakbondvoordele wat ons bied.
Solidariteit tree as waghond vir jou beroep op.
Jy het toegang tot Solidariteit Finansiële Dienste, ons vennoot vir alle finansiële navrae en dienste, wat die volgende insluit maar nie daartoe beperk is nie:
Kwaliteit-netwerkgeleenthede waar bedryfspesifieke oplossings saamgestel word
Geleentheid om as mentor op te tree
Afslag by S-leer, ‘n geregistreerde opleidingsinstelling vir alle VPO- en persoonlike ontwikkelingsprogramme in Afrikaans.
Bedryfspesifieke nuus

Dr. Louise Aucamp
Solidariteit se mentorskapblad is hier as hulpmiddel vir jou. Mentorskappe is daar om leiding en advies te bied en Solidariteit glo vas in die waarde van leiding wat sy mense vir mekaar kan bied.
Hier by Solidariteit poog ons om gedurig voor die golf van ontwikkeling te wees en daarom het ons hierdie blad gestig. Indien jy ’n leerling is en graag deur ’n mentor gelei wil word kan jy hier met verskeie mentors in jou spesifieke beroepsrigting in kontak kom. Jy kan egter ook as mentor optree vir ander in jou beroep.
Besoek gerus die mentorskapblad en begin jou reis as mentor of leerling. Klik hier.
Kinderwet se wysiging: kommentaar teen staatsbeheer van aannemings
Solidariteit se Maatskaplikewerkersgilde het sy kommentaar teen die voorgestelde wysigings aan die Kinderwet ingedien.
BLITSVERSLAG | Wysigingswetsontwerp, 2019: Kinderwet, No. 38 van 2005: Artikel 249
Die voorgestelde wysigings aan die Kinderwet, No. 38 van 2005 (voortaan die “Kinderwet”), het wyd opspraak gewek.
Staat wil wetgewing oor aannemings verander
As aanneming nie effektief hanteer word nie, gaan dit die kinderbeskermingskrisis waarin Suid-Afrika tans verkeer, net vererger.