Die Solidariteit Onderwysgilde het ten doel om 'n beroepsgemeenskap vir onderwysers in Afrikaanse skole te vorm waardeur die beroep beskerm en bevorder word.
Die Onderwysgilde is 'n tuiste vir onderwysers waar onderwysers se regte binne die onderwyssektor beskerm word. Die Onderwysgilde takel onderwysaangeleenthede wat Afrikaanse onderwysers raak, insluitende diensvoorwaardes, behoud van beheerliggaamposte en die verlening van arbeidsregtelike advies en bystand.
As Onderwysgilde-lid kwalifiseer jy egter vir addisionele onderwysspesifieke voordele:
*Bepalings en voorwaardes geld
BYKOMENDE VOORDELE SLEGS VIR LEDE VAN DIE ONDERWYSGILDE:
Afrikaans ► Wiskunde ► Grondslagfase ►
Besoek die Wolkskool►
Besoek Markplein ►

Onnies wen groot tydens Onderwyser van die Jaar-kompetisie
Daar is geen twyfel dat onderwysers ‘n merkwaardige rol in kinders se lewens speel nie. Hulle skroom nie om die ekstra myl vir sy of haar leerders te loop nie en daarom het Solidariteit se Onderwysgilde besluit om hierdie onnies te vereer met 'n Onderwyser van die Jaar-toekenning. Die wenners is op 5 November 2021 tydens 'n glansgeleentheid in Pretoria aangekondig.

Bemagtig jouself só om gesond te werk.
Te midde van die onsekerheid wat rondom skole se heropening woed, het Solidariteit 'n gids vir jou saamgestel oor hoe om gesond by die skool te werk.

Solidariteit NetWerk se onderwysoplossing
Solidariteit het onlangs 'n omvattende NetWerk van werk geskep. Omdat onderwys so belangrik vir werk is, is 'n onderwysoplossing 'n belangrike deel van die Solidariteit NetWerk. Solidariteit pak die uitdagings wat onderwys bied, saam met sy vennote in die Afrikaanse Onderwysnetwerk, aan.

#VIRSKOLE
Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het sy veldtog teen skole met effektiewe beheerliggame (en ouers!) voortgesit nadat hy 'n hofloesing in die Overvaal-saak gekry het. Sy voorgestelde wysigings aan die toelatingsregulasies van leerlinge by Gautengse skole is op 30 Julie in die Staatskoerant gepubliseer en is bloot sy manier om die Overvaal-uitspraak te omseil en sy transformasieagenda verder te voer.
Vul gerus die onderstaande vorm in en ons sal jou kontak:
Solidariteit se mentorskapblad is hier as hulpmiddel vir jou. Mentorskappe is daar om leiding en advies te bied en Solidariteit glo vas in die waarde van leiding wat sy mense vir mekaar kan bied. Hier by Solidariteit poog ons om gedurig voor die golf van ontwikkeling te wees en daarom het ons hierdie blad gestig. Indien jy ’n leerling is en graag deur ’n mentor gelei wil word kan jy hier met verskeie mentors in jou spesifieke beroepsrigting in kontak kom. Jy kan egter ook as mentor optree vir ander in jou beroep. Besoek gerus die mentorskapblad en begin jou reis as mentor of leerling. Klik hier.
