BEL ONS: 012 644 4300
Solidariteit het onlangs 'n omvattende NetWerk van werk geskep. Omdat onderwys so belangrik vir werk is, is 'n onderwysoplossing 'n belangrike deel van die Solidariteit NetWerk. Solidariteit pak die uitdagings wat onderwys bied, saam met sy vennote in die Afrikaanse Onderwysnetwerk, aan.

Afrikaanse skole en hul kundige onderwysers word as die room van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel beskou. Goeie onderwysers is onvervangbaar en speel 'n integrale rol in die opvoeding van leerlinge en die toekoms van Afrikaanse onderrig.

Die Solidariteit NetWerk het 'n oplossing ontwikkel wat onderwysers in onstuimige omstandighede sal bemagtig én bemoedig, en wat ook gaan poog om die behoud en uitbou van Afrikaanse skole te verseker.
Die Solidariteit Netwerk se onderwysoplossing is jou sleutel tot 'n volhoubare toekoms in die onderwys. Wanneer jy deel word van die Solidariteit Netwerk word jy deel van Solidariteit se onderwysoplossing en het jy nie net toegang tot talle voordele nie, maar help jy ook om te bou aan die volgende:
  • 'n Volhoubare toekoms vir Afrikaanse onderrig
  • Die oprigting van Akademia se opvoedkundige fakulteit en die oplei van toekomstige onderwysers
  • Die ondersteuning van onderwysstudente deur studiehulp
  • Die ontwikkeling van vakverenigings deur die Skoleondersteuningsentrum (SOS), insluitende hoëgehalte voortgesette onderrig
  • Die ontwikkeling van 'n onderwysstelsel deur die Skoleondersteuningsentrum (SOS) wat openbare skole help om uitnemend te bly en om, waar nodig, 'n wêreldklas bekostigbare privaat alternatief te skep om sodoende volhoubaarheid te verseker