BEL ONS: 012 644 4300
In Desember 2019 het die regering 'n nuwe wysigingswetsontwerp voorgestel wat sport in Suid-Afrika gaan nasionaliseer. Dit beteken dat die regering sport in sy totaliteit gaan regeer. Die Wysigingswetsontwerp op Sport wil van die minister van sport die afrigter, bestuurder en amptenaar van elke sportsoort (of dit nou professioneel, vir ontspanning of op skoolvlak is) maak.

As hierdie wysigingswetsontwerp 'n wet word, sal sportliggame moet ontbind en dan sal die minister die spreekwoordelike septer swaai om alle vorme van sportaktiwiteite volgens sy politieke ideologie te vervorm. Hierdie beheer oor sport het nie net 'n impak op individue wat sport as beroep beoefen nie, maar ook op diegene vir wie sport 'n beroep is, soos byvoorbeeld afrigters, skeidsregters, sportadministrateurs en selfs die eienaars van gimnasiums.

Die publiek het tot en met 28 Februarie 2020 geleentheid om kommentaar op die wysigingswet te lewer. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Sportlui gaan op 28 Februarie kommentaar indien om hierdie wysigingswet teen te staan. Ons gaan nie staan en toekyk dat sport weens rassebeheptheid 'n politieke slagveld word nie!

Lees die Wysigingswetsontwerp hier.

Ondersteun ons! Staan saam en gee die sportwet ‘N rooikaart!

Ek is 'n sportondersteuner

Sluit aan by die Solidariteit Regsfonds:

Sport Veldtog 2020
kontak_toestemming
Wat beteken jou bydrae vir die Beroepsgilde vir Sportlui?

Deur jou bydrae bemagtig jy Solidariteit om hierdie saak verder te voer en aan te hou baklei teen die regering en die nuwe wysigingswet.