Die Solidariteit Beroepsgilde vir Sport verstaan hierdie passie, tyd en werk wat in jou beroep as professionele sportpersoon ingaan. Daarom bied hierdie gilde vir jou ’n gemeenskap, waarin kwessies namens jou aangespreek word. Dit is ’n kollektiewe stem wat die kwaliteit, integriteit en volhoubaarheid van jou sportberoep bevraagteken, aanspreek en verbeter.
Die Solidariteit Beroepsgilde vir Sport is vir enigeen wat ’n beroep in sport volg, as afrigter, eienaar van ’n gimnasium, biokinetikus, professionele sportster of net iemand wat ’n liefde vir sport het.
Hierdie gilde dien as beroepsgemeenskap sodat jy nie alleen staan nie en sodat jy jou beroep ten volle kan beoefen terwyl ons jou belange beskerm.
Gildelede wil hulself ontwikkel en is nie bang om nuwe dinge te leer nie. Hulle wil nie net hulself met kennis bemagtig nie, maar hulle wil ook verantwoordelikheid neem vir die volgende geslag. Hierdie verantwoordelikheid word oorgedra deur die deel van kennis, mentorskapprogramme, die bied van internskappe en werkskepping.
As gildelid is jy deel van Solidariteit en kwalifiseer jy dus vir alle vakbondvoordele wat ons bied.
BYKOMENDE VOORDELE
- Afslag by S-leer, 'n geregistreerde opleidingsinstelling, vir VPO-punte en persoonlike ontwikkelingsprogramme. Verskeie opleidingsprogramme brei vaardighede in verskeie spesialisgebiede in die beroep uit.
- Die geleentheid om as mentor op te tree: Klik hier vir meer inligting.
- Netwerkgeleenthede

Rooikaart vir die sportwet
In Desember 2019 het die regering ’n nuwe wetsontwerp voorgestel wat alle Suid-Afrikaanse sport nasionaliseer. Dit beteken dat die regering betrokke sal wees by spankeuses en dat sportbeheerliggame hulle magte sal verloor.
Solidariteit se mentorskapblad is hier as hulpmiddel vir jou. Mentorskappe is daar om leiding en advies te bied en Solidariteit glo vas in die waarde van leiding wat sy mense vir mekaar kan bied. Hier by Solidariteit poog ons om gedurig voor die golf van ontwikkeling te wees en daarom het ons hierdie blad gestig. Indien jy ’n leerling is en graag deur ’n mentor gelei wil word kan jy hier met verskeie mentors in jou spesifieke beroepsrigting in kontak kom. Jy kan egter ook as mentor optree vir ander in jou beroep. Besoek gerus die mentorskapblad en begin jou reis as mentor of leerling. Klik hier.
