BEL ONS: 012 644 4300
JOU VENNOOT DEUR AL DIE STADIUMS VAN JOU LOOPBAAN Die Beroepsgilde vir Verpleging is jou vennoot deur al die stadiums van jou loopbaan: hetsy jy studeer; praktiseer; of regmaak vir aftrede. Binne jou professie beleef jy elke dag uitdagings asook suksesse en die gilde staan jou by as jou beskermheer; maar nie net dit nie. Die gilde is ook daar om jou te help ontwikkel en met kennis toe te rus om jou daaglikse take professioneel en eties te kan aanpak. Ons tree ook op namens die professie deur verhoudinge te bou met ander instansies wat ‘n invloed op die beroep kan uitoefen.

Beroepstuiste vir Verpleegkundiges



Wie kan by die gilde aansluit?


Alle verpleegkundiges in alle spesialisvelde

Sluit vandag nog aan ►


Studente wat tans besig is met opleiding in verpleegkunde.

Besoek Solidariteit Jeug ►


Matrikulante wat belangstel om in dié rigting te studeer.

Besoek Solidariteit Jeug ►
Verpleeggilde voordele Gildelede is trotse mense vir wie etiek en veiligheid in hulle werk belangrik is. Hulle is mense wat hulself wil ontwikkel en nie bang is om nuwe dinge te leer nie. Solidariteit Beroepsgilde vir Verpleging erken dat verpleegkundiges passievol is oor hul beroep. Ook dat dit ‘n beroep is waar menselewens ‘n roeping is, hoewel dit soms ‘n ondankbare taak is waar politiek hierdie passie kan blus.

As Gildelid is jy deel van Solidariteit, en kwalifiseer jy dus vir alle vakbondvoordele wat ons bied.
Sien 'n lys van voordele hier ►

Bykomende voordele wat verpleegkundiges binne die gilde geniet:
Omvattende, bekostigbare indemniteitsversekering met meer dekking en beskerming as enige ander verskaffer
Toegang tot Solidariteit finansiële dienste, ons vennoot vir alle finansiële navrae en dienste, wat die volgende insluit maar nie daartoe beperk is nie:
  • inkomstebeskerming
  • hulp met die opstel van begrotings
  • spaarplanne en beleggings
  • versekering en vele meer
Industrie-spesifieke nuus
Geleentheid om as mentor op te tree.
Vir meer inligting sien hier onder.
Afslag by S-Leer, 'n geregistreerde opleidingsinstansie, vir alle VPO- en persoonlike ontwikkelingsprogramme in Afrikaans.
Riglyne vir SANC-registrasie om die proses so eenvoudig moontlik te maak.


STUDIEFONDS DOEN AANSOEK VIR BEFONDSING VIR JOU STUDIES Lê jou hart en passie by gesondheidsorg en dienslewering by gesondheidsorg? Wil jy graag die beroepswêreld as verpleër betree?

Dié beroepsgilde streef daarna om jou drome waar te maak, daarom maak ons rentevrye studielenings beskikbaar deur die Helpende Hand Studiefondssentrum.

Vir meer inligting en om aansoek te doen, klik hier www.studiefonds.co.za

Lei 'n verpleegster op Verpleegster tekorte affekteer elk van ons. Nie net het dit ’n reuse-impak op dienslewering nie, maar ook op die behoud van die beroep. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Verpleegkundiges neem die eerste tree tot ’n oplossing deur studente te help om die beroep te betree. Ons onderneem om soveel as moontlik studente te help met befondsing vir hulle studies, sodat hulle as verpleegsters kan kwalifiseer.

Wil jy graag betrokke raak en finansieel bydrae om die drome van ’n jongmens te bewaarheid?

SMS die woord BEFONDS na 34802 (R1/SMS) en ons skakel jou.

Opleidingsfonds vir verpleegkundiges In die lig gesien van die huidige krisis met verpleegopleiding, het die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns ‘n fonds gestig wat jong verpleegkundiges die kans gee om hul toekoms in die beroep moontlik te maak.




Instellings waar jy verpleegkunde kan studeer (en laai die 4 dokumente)
  • Privaat verplegingsopleidingsinstellings is geakkrediteer om vanaf 2020 die nuutste verplegingstudieprogramme aan te bied. Klik hier ►
  • Privaat verplegingsopleidingsinstellings wat steeds ou studieprogramme aanbied. Klik hier ►
  • Publieke verplegingsopleidingsinstellings wat steeds ou kwalifikasies aanbied. Klik hier ►
  • Universiteite is geakkrediteer om die nuutste verplegingstudieprogramme vanaf 2020 aan te bied. Klik hier ►
Indemniteitsversekering vir Verpleegkundiges Verpleegkundiges is verplig om professionele indemniteitsversekering uit te neem voordat hulle mag praktiseer. Dié versekering beskerm jou teen eise vir skadevergoeding weens nalatigheid in die uitvoering van jou werk.

Die Solidariteit Beroepsgilde vir Verpleegkundiges beding bekostigbare professionele indemniteitsversekering met beter dekking as enige ander vakbond.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos aan solidariteit@maplegroup.co.za.

Koste van indemniteitsversekering verskil soos volg:
studente:R225 per jaar Verpleegkundiges:R275 per jaar

*Pryse onderhewig aan veranderinge deur versekeraar.


Hoe neem ek indemniteitsversekering uit?
Laai die aansoek vorm hier af. Klik hier ►
Vul die vorm so volledig as moontlik in en stuur dit saam met ’n kopie van jou ID. Die makelaar sal jou dan kontak met ’n kwotasie. Wanneer jy die kwotasie aanvaar, stuur die getekende vorm en bewys van betaling na solidariteit@maplegroup.co.za

Jou aansoek word verwerk, waarna 'n sertifikaat uitgereik sal word.
Neem kennis:
  • Jou indemniteit is van toepassing vanaf ’n datum wat op jou sertifikaat verskyn.
  • Dien jou sertifikaat by jou werkgewer in en voel veilig.
Die suid-afrikaanse verplegingsraad Die Suid-Afrikaanse Verplegingsraad (South African Nursing Council; SANC) is die regulerende liggaam vir opleiding en standaarde in die verpleegindustrie.

Alle verpleegkundiges is verplig om jaarliks aansoek te doen om ‘n praktiseringsertifikaat.

Dit is jou verantwoordelikheid as verpleegkundige om te sorg dat
Jou registrasie en betaling SANC vóór die afsnydatum bereik.
Sertifikate word gepos, dus moet jy verseker dat SANC altyd in kennis gestel word as jou persoonlike inligting enigsins verander. Om jou inligting op te dateer by SANC klik hier. ►
Sorg dat jou betalingsverwysing korrek is om enige vertragings te vermy.
Behou 'n kopie van jou betalingsbewys vir navrae.
Solidariteit Verpleeggilde streef voortdurend daarna om in belang van ons lede ‘n positiewe verhouding met die SANC te bou. Daardeur poog ons om ons lede op hoogte te hou van alle veranderinge, beleide en kennisgewings.

Hoewel ons in ons lede se belang optree, kan ons ongelukkig geen SANC-registrasies namens lede administreer nie, maar ons sal ondersteuning bied wanneer SANC nalatig optree.

KENNISGEWING:
  • Praktiseringsertifikate moet teen 31 Desember 2019 betaal wees om restourasie fooie te vermy.
  • Versoek 'n vrywillige verwydering indien jy nie meer praktiseer nie.
  • Neem kennis dat bank betalings op verskillende datums fooie reflekteer. Maak dus seker jou betaling reflekteer reeds teen 31 Desember 2019.
  • Verifieer jou registrasie op eRegister
  • Gemeenskapsdiens: Fooie is slegs betaalbaar met die voltooiing van die gemeenskapsdiens om te registreer as praktiserende Verpleegster. Fooi kode is REGFPRA.


SANC-fooie vir 2020:
Geregistreerde verpleegkundiges en vroedvroue:R670 per jaar Ingeskrewe verpleegkundiges en vroedvroue:R400 per jaar Hulpverpleegsters:R280 per jaar

**Afslag tariewe is beskikbaar vir verpleegsters 60 jaar en ouer.


Vir meer inligting oor die jaarlikse SANC-fooie, klier hier.

Afgestudeerdes wat hul gemeenskapsjaar binnegaan, vind alle besonderhede en vorms hier



Nuttige skakels:
Vir meer inligting besoek SANC-blad hier ►
Etiekkode vir verpleegkundiges klik hier ►
E-registrasie klik hier ►
SANC-skakelbesonderhede klik hier ►
Inligting oor gemeenskapsjaar klik hier ►
Diensgeoriënteerde e-posadresse van die SANC – Klik hier ►
s-leer S-Leer is ‘n trots-Afrikaanse opleidingsinstansie waar jy jou punte vir voortgesette opleiding (VPO) kan bekom om jou registrasie by jou professionele vereniging te behou. Jy kan ook jou professionele en persoonlike kennis verbreed deur S-Leer se programme vir persoonlike ontwikkeling.

Gildelede kwalifiseer vir afslag op alle programme aangebied deur S-Leer.
IN DIE NUUS
  • Obesity surgery benefits beyond weight loss
    by Staff Reporter on Desember 10, 2019 at 8:41 vm

    The benefits of bariatric surgery for obese individuals go beyond weight loss, delegates to last week’s EuroEcho 2019, a scientific congress of the European Society of Cardiology (ESC), were shown. Study author, Dr. Marie-Eve Piché of the Quebec Heart and Lung Institute in Canada said: […]

  • Despite challenges, quality UHC ‘not...
    by Staff Reporter on Desember 10, 2019 at 8:05 vm

    South Africa faces “enormous challenges”, but attaining widespread access to quality healthcare is not unrealistic – provided solid short-to-medium and long-term plans are enforced effectively. But not before deliberating a set of serious questions and coming up with […]

  • Pharmacist-led interventions cut cardiovascular...
    by Staff Reporter on Desember 10, 2019 at 7:41 vm

    Pharmacist-led interventions in general practice can significantly reduce medical risk factors associated with cardiovascular events, a review just published online in the British Journal of Clinical Pharmacology has suggested. Abdullah A. Alshehri, from the University of Birmingham in the […]

  • Health corruption watchdog probing numerous...
    by Staff Reporter on Desember 9, 2019 at 10:16 vm

    Since its launch in October, the Health Sector Anti-Corruption Forum (HSACF) has received numerous complaints of serious corruption, fraud and maladministration in the health sector. According to the Special Investigating Unit (SIU) spokesperson, Kaizer Kganyago, 17 allegations of fraud and […]

  • SAMA opposed to NHI Bill in current form
    by Staff Reporter on Desember 8, 2019 at 7:41 vm

    The South African Medical Association (SAMA) says while it remains supportive of the progressive realisation of Universal Health Coverage for people in South Africa, it can’t support the NHI Bill in the form that it has been ascended to Parliament. The association has published its submission […]

Kontak Ons
SKAKEL ONS:
Dienssentrum:
0861 25 24 23
BEROEPGILDES-NUUS
22 November 2019
Deur Luisa van der Linde Inleiding Die bekende verpleegster Florence Nightingale het gesê: “Die heel eerste vereiste in 'n hospitaal is dat dit die sieke...

Lees meer >

20 September 2019
Deur Luisa van der Linde Die eerste dag wat jy by die verpleegkollege ingestap het, was die prentjie van verpleegster-wees dalk een van pille en...

Lees meer >

18 September 2019
  Verpleegkunde is ’n beroep vir mense met passie en ’n wil om ander te help en diensbaar te wees. Goeie verpleegkundiges is baie vaardig...

Lees meer >

26 Augustus 2019
Ons waardeer julle onbeskryflik baie, al sê ons dit nie. Julle is in beheer van ons kosbaarste besittings, en ons nie. Ons is angstig, bang,...

Lees meer >